Olifant en Rooibokkies

November 12, 2008

‘n Mede kolega wat saam my werk, Flip Kotze, is nou letterlik mal oor die wildtuin (KNP). Nou as Flip kans kry, is dit eers na ‘die kinders’  naby Hectorspruit dan kom hy terug via Malelane hek.

Nou jy vang hom ook nie sonder met ‘n kamara. Die is altyd aan die sy, net vir daardie oomblik wanneer almal aan die ’slaap’ is, verewig hy dit op ‘n foto. Nou kom hy een-oggend vroeg by my in die kantoor en vertel hoe droog is Hectorspruit area en die pad terug via Malelane hek. En dis toe dat hy die volgende vir my wys.

Die rooibokkies was oppad water toe. Olifant was eerste daar en wat toe gebeur het ek nog nooit van gehoor wat van gesien. Die olifant slurp water op, en spuit die bokkies nat teen die hitte.

picture-1961 picture-195 picture-194 picture-193

Dis darem pragtig hoe die natuur vir homself sorg?