Olifant en Rooibokkies

‘n Mede kolega wat saam my werk, Flip Kotze, is nou letterlik mal oor die wildtuin (KNP). Nou as Flip kans kry, is dit eers na ‘die kinders’  naby Hectorspruit dan kom hy terug via Malelane hek.

Nou jy vang hom ook nie sonder met ‘n kamara. Die is altyd aan die sy, net vir daardie oomblik wanneer almal aan die ’slaap’ is, verewig hy dit op ‘n foto. Nou kom hy een-oggend vroeg by my in die kantoor en vertel hoe droog is Hectorspruit area en die pad terug via Malelane hek. En dis toe dat hy die volgende vir my wys.

Die rooibokkies was oppad water toe. Olifant was eerste daar en wat toe gebeur het ek nog nooit van gehoor wat van gesien. Die olifant slurp water op, en spuit die bokkies nat teen die hitte.

picture-1961 picture-195 picture-194 picture-193

Dis darem pragtig hoe die natuur vir homself sorg?

7 Responses to “Olifant en Rooibokkies”

  1. Sonia Says:

    Kinders, moenie in die water mors nie, die oumense wil dit drink…LOL
    Wie’t geweet ‘n falafantjie kan so oulik wees?

  2. Dellie Says:

    Dis nou wat ek samewerking noem! :wink:

  3. boendoe Says:

    Ag. dis dierbaar!

  4. Tersia Says:

    Dis pragtig! Ons was so lank gelede in die Tuin! Dalk moet ons volgende jaar plan maak!

  5. Ingrid Says:

    Mooi so Oom Olifant gewis nie selfsugtig nie!

  6. Jo-Ann Schou Says:

    Briljante foto’s!

  7. rb Says:

    Dit is werklik baie droog in die wildtuin. My ouers was in Oktober daar vir 10 dae en hulle sê sekere dele lyk eintlik soos ‘n woestyn.
    Die olifante neem blykbaar oor, mag nie meer getalle verminder nie. Hulle het bitter min Blouwildebesste gesien.

Leave a Reply