Dellie en die Mango

Ek kry ‘n benoude oproep van my goeie vriendin Dellie ” … Ebie jy woon mos in ‘n mango wereld en ek kan nie mango eet sonder om myself te bemors!”   Huh? Verder verduidelik sy dat sy gebruik gemaak het van ‘n bekende vrugte en groente plek 3 Mango’s vir R10

Nou kom ek wys jou gou Dellie. Eerste plek hoef jy nie meer in ‘n bad te sit en eet nie maar volg die eenvoudige reels :lol:

Eerste kry vir jou ‘n lekker mango

dsc00285

 

 

 

Nou sny jy die mango vertikaal, teen die pit af

dsc00286

 

 

 

Hou die gedeel wat jy afgesny het in jou hand en neem ‘n lekker skerp mes en sny soos jy ‘n tamatie sou sny, sonder om deur die skil te sny

dsc00288

 

 

 

Nou dop jy daardie gedeelte van agter en begin eet. Onthou Dellie, oor die wasbak dis die veiligste :lol:

dsc002871

 

 

 

Daar’s hy, lekker eet!

19 Responses to “Dellie en die Mango”

  1. Louisa Says:

    Ek het nog nooit iemand so een sien eet nie – maar dit lyk vir my na goeie raa! :lol:

  2. Louisa Says:

    *sorry ek bedoel raad (my stupid d knoppie hak nou al die laaste twee dae vas wanneer ek dit die minste verwag.

  3. boendoe Says:

    NEEEE!!! Ebie, dit lyk sommer agterlik! :evil: Mens SKIL die ding en sny dan beskaafde happies af! :lol:

  4. Eben Says:

    Jaaaa Boendoe, maar dis wanneer Dellie haarself bemors!! :mrgreen:

  5. Suz Says:

    My een vriendin eet ook haar mango’s so. Daar is niks so lekker om ‘n mango te eet dat die sop sommer so spat nie.

    Dellie my niggie sit ook in die bad en mango eet

  6. Dellie Says:

    Oooo, is dit hoe mens dit doen! :lol: Dankie Ebie. Ek dog almal eet hulle mango’s inni bad, want as ek klaar is met dit, is ek gewoonlik geel tot agter my ore… :oops: Mango maskers doen wondere vir die vel! :mrgreen:

    Mmm, daar lê reeds nog ‘n paar wat smeek om geëet te word…

  7. Bottertjie Says:

    Oe, lekkerrrr! Hoe water my mond nou vir enetjie…
    Ek eet myne ook so dat die hare tussen my tanne vassit en die sap van my ken afdrup.
    My pa maak die lekkerste mango-mampoer!

  8. White Knight Says:

    Dagse Ebie
    Hoeveel charge jy vir die Mango skool :shock:
    Solank sy dit nie met die Mango airline verwar en hulle wil opeet nie. :twisted:
    Groete

  9. Eben Says:

    Bottertjie ek sal jou verseker van nader moet leer ken …. om voorgestel te word aan jou pappie. :mrgreen:

    WK met Dellie weet mens nooit …. soos jy ook weet sy is nie jou gemiddelde meisie op straat :lol:

  10. boendoe Says:

    Nee, heiden, sy is verseker nie jou gemiddelde meisie op straat nie! Hoe kan sy haarself MEER bemors met my metode?? :mrgreen:

  11. Dellie Says:

    Uhm, Boends, aangesien ek nou nie die “gemiddelde meisie (!, ek like daai ene!) op straat” is nie – party mense hou daarvan om mango-sap van mens se gesig af te lek – :oops: so eintlik mors ek opsetlik…! :oops: en nie net op my ken nie… whahahaha! :oops: :lol:

  12. boendoe Says:

    Sies! Sulke praatjies pas nie by ‘n Vrystaatse straatmeisie nie! :lol:

  13. Bottertjie Says:

    Eish, Dellie! Jy’s ‘n lekka wille ene, nê! Is dit jou kinky sy wat nou uitkom? In plaas van room of tjoklit sous, doen jy die mango-ding! Eish!

  14. Dellie Says:

    :oops:

  15. meermin Says:

    Eben dit is nou die een vrug wat ek NIE eet NIE!

  16. Tersia Says:

    Ha Ha Ha! Daai masker…en dan word dit afgelek! Twee vliee met een klap!

  17. Dellie Says:

    :lol: Ja-wel, Ters, as ‘n mens nie sterk is nie, moet jy seker slim wees? :mrgreen:

  18. Amper daar « Dellie se Dinge Says:

    [...] is baaaaie belangrik. Wat het van die pret geword? Die uitlaatklep wat jy batterye moet herlaai? Ebie se possie was vir my weer een van daai wat sommer net laf en lekker was, en het ek weer daai [...]

  19. rosalindfranklin Says:

    Dit is baie oulik gedoen Eben!

    Mens kan natuurlik ook ‘n mango in die bad eet.

Leave a Reply