O jaaa ek het mos twee Goue Vissies ook. Natuurlik het hulle name, Een en Twee. Ek reken as Een dood gaan, het ek darem nog Twee oor
Glo my, na so paar Whiskey’s op Welkom se seelose strand is die grappie heel oulik.

O jaaa ek het mos twee Goue Vissies ook. Natuurlik het hulle name, Een en Twee. Ek reken as Een dood gaan, het ek darem nog Twee oor
Glo my, na so paar Whiskey’s op Welkom se seelose strand is die grappie heel oulik.

February 4, 2009 at 7:57 vm |
Ek is histeries! En ek is dood nugter! Whahahaha!
February 4, 2009 at 9:00 vm |
Ek en my man het ons holle nou geskeur!
Eben, jy’s stupid!
February 4, 2009 at 9:05 vm |
My man se goudvis-grappie:
Die ou, ongetroude staatsdienswerker het ‘n goudvis gehad. Elke dag na werk, is hy reguit huistoe waar hy vir hom tee maak en met sy goudvis gesels. So is sy roetine vir jare.
Eendag gaan maak hy ‘n paar happe saam met sy kollegas. Daardie aand kom hy laat by die huis. Toe hy begin uittrek, slaan hy per ongeluk die visbak van die kas af. Die goudvis le en gaap op die mat.
In trane se die staatsdienswerker vir die goudvis: “Ek het my hele lewe opgeoffer vir jou. Elke dag kom ek vroeg huistoe. Dis die eerste keer wat ek laat kom, en nou wil jy my byt.”
February 4, 2009 at 9:33 vm |
Hier is dit nou besig om vinnig toe te trek, en as ek loer na die kant toe waar ons bly, sous dit daar, ek kla nie, ons het die reèn baie nodig, veral die boere in NOORDWES!!
February 4, 2009 at 10:20 vm |
Hie-hie-hie Boendoe!
February 5, 2009 at 1:13 nm |
Oulike name vir jou vissies
February 5, 2009 at 10:23 nm |
Ek wonder net wat sal Een en Twee se babies se name wees…
February 6, 2009 at 7:21 vm |
Eben jy skuld ons ‘n nuwe inskrywing !!!