Soek iemand werk?

Die mees tussen ons probeer ‘n ekstra geldjie te maak deur ‘n tweede werkie te doen, op ‘n eerlike manier.

 

Hier op die landgoed naby Tzaneen waar ek werksaam is, kom daar met die tyd poste vakant en met die komende sitrus seisoen op hande sal daar seker poste vakant / geskep word. Die Landgoed bestaan uit 4000 H/a waarvan 2500H/a onder produksie is. (Lemoene/Pomelo’s en ‘n bietjie Mangoes)

 

Ons het ons eie aanleg vir Sirus Versapping en het ‘n hoë aansien in die versappings industrie.

 

Nou om by die posting uit te kom, het ek die nodige toestemming verkry dat my vrou ‘n ‘personeel-agentskap’ begin.  Sou daar poste vakant/beskikbaar kom kan CV’s indien word van werksaansoekers.

 

Sou jy van iemand weet wat op ‘n Landgoed wil woon en werk, kan CV’s na die e-pos deurstuur word waar dit deurgegee sal word aan die HR departement.

 

Enige navrae sal ook streng en vertroulik gehanteer word, asook die persoonlike inligting wat deurgegee word.

 

Tans is hier poste beskikbaar vir:

·         Elektrisien

·         Werktuigkundige – Trekkers en emplemente

 

Dus as jy van iemand weet, hetsy jouself/vriend/kennis, verneem ek graag van jou. Stuur aansoeke na:

 

Mar4cv@yahoo.com

 

12 Responses to Soek iemand werk?

  1. boendoe says:

    Watsdiepay? Vir enige van die werk beskikbaar? Ek wil op ‘n landgoed woon en werk! :lol:

  2. Eben says:

    Jong Boendoe, onthou jy is nie die gemiddelde meisie op straat, jou ‘pay’ sal nie-te-versmile wees!!

    Ernstig ….. Vir die suksesvolle persoon(e) is daar ‘n gratis huis asook W & L!

  3. Dellie says:

    Ek kan self ‘n plug regmaak – tel dit? :mrgreen:

    Dis nice dat jy dit hier adverteer Ebie! :wink:

  4. Tersia says:

    Kan jy asb comment by my? Ek wil mail stuur.

  5. Eben says:

    Ters waar moet ek comment.

    Stuur detail/tel na die betrokke epos en ek kontak jou. Dankie vir belangstelling

  6. Krista says:

    Ekke wil ook op ‘n landgoed bly, kwalifiseer ek as ‘n mechanic of plugfitter?

  7. meermin says:

    Dit sal nou nice wees … Eben ek het hierdie gecopy en gepaste want ek weet van iemand wie se seun dringend werk soek!! My seun sal eers ander jaar werk soek, hy studeer nog, maar ek dink nie julle sal hom kan help nie, hy swot nou INTERIOR DESIGN!!

  8. Gideon says:

    Hello Eben
    stuur asb vir my jou e pos dat ek my cv vir jou kanstuur
    dankie
    gideon

  9. Mia says:

    Hello Eben

    Ek is ‘n plaasmeisie. kan ek darm deurgaan as ek kan trekker bestuur en in ‘n kantoor kan werk?

    Mia

  10. Charl Cilliers says:

    Hi Eben,

    Ek en my vrou stel baie belang in boerdery ons is gewillig om te gaan. Sy is n rekenmeester en ek is in die brand bedryf ons het n gestremde dogtertjie en wil graag uit die stad kom. Was so paar weeke gelede in Tzaneen en is mal oor die plek. Indien daar poste beskikbaar is laat weet ons gerus.

    Groete

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.