Maart 23, 2009
Koos werk by ‘n Dokter in Welkom.
Die Dr. sou die dag uitstedig wees en vra toe vir Koos om ‘n ogie te hou oor die pasiënte.
Die volgende dag kom die Dr terug en vra vir Koos hoe dit toe gegaan het met die pasiënte.
Koos sê daar was drie pasiënte wat hy gehelp het en die Dr vra toe hoe hy hulle gehelp het en hy sê :
Die eerste pasiënt het ingekom met ‘n lelike hoes en toe gee hy vir hom Benelyn vir die hoes.
Die tweede pasiënt het ingekom met ‘n vreeslike allergie en toe gee ek vir hom Allergex.
Die Dr was baie beïndruk en vra wat van die derde een.
‘Nee’, sê Koos daar het ‘n dame ingekom, haar kaal uitgetrek en op die ondersoek tafel gaan lê en vir hom
gesê : ‘Ek het vier jaar laas ‘n man gesien .
”O Hel’ sê die Dr ……’En wat doen jy toe, Koos? ”Nee’, sê Koos ‘Toe gooi ek vir haar Eyegene in haar oë’!!!
5 Kommentaar |
Uncategorized |
Permalink
Bygedra deur Eben
Maart 3, 2009
Die Graad 6 juffrou in ‘n Welkomse skool, vra vir die klas, “Watter deel van die mens se liggaam vergroot na tien keer sy normale grootte wanneer dit gestimuleer word?”
Niemand antwoord totdat Marie opstaan en sê, “Juffrou mag nie sulke vrae vir graad sesse vra nie. Ek gaan my ouers vertel en hulle sal die hoof vertel en hy sal jou wegjaag.”
Die juffrou ignoreer haar en vra weer die vraag.
Marie sê vir die kinders om haar, “Sy gaan in groot moeiliheid wees.”
Die juffrou ignoreer haar nog steeds en vra, “Wil niemand antwoord nie?”
Jannie staan huiwerig op en sê, “Dit is die pupil van die oog.”
“Baie mooi Jannie,” sê sy terwyl sy na Marie draai en voortgaan, “en vir jou jonge dame het ek drie goed te sê. Eerstens het jy vuil gedagtes, tweedens het jy nie jou huiswerk gedoen nie, en derdens gaan jy eendag baie, baie teleurgesteld wees.”
6 Kommentaar |
Uncategorized |
Permalink
Bygedra deur Eben