Wat word hoe gestimuleer?

Die Graad 6 juffrou in ‘n Welkomse skool,  vra vir die klas, “Watter deel van die mens se liggaam vergroot na tien keer sy normale grootte wanneer dit gestimuleer word?”

Niemand antwoord totdat Marie opstaan en sê, “Juffrou mag nie sulke vrae vir graad sesse vra nie. Ek gaan my ouers vertel en hulle sal die hoof vertel en hy sal jou wegjaag.”

Die juffrou ignoreer haar en vra weer die vraag.

Marie sê vir die kinders om haar, “Sy gaan in groot moeiliheid wees.”

Die juffrou ignoreer haar nog steeds en vra, “Wil niemand antwoord nie?”

Jannie staan huiwerig op en sê, “Dit is die pupil van die oog.”

“Baie mooi Jannie,” sê sy terwyl sy na Marie draai en voortgaan, “en vir jou jonge dame het ek drie goed te sê. Eerstens het jy vuil gedagtes, tweedens het jy nie jou huiswerk gedoen nie, en derdens gaan jy eendag baie, baie teleurgesteld wees.”

6 Responses to “Wat word hoe gestimuleer?”

  1. meermin Says:

    :lol: lekker dag verder!!

  2. Dellie Says:

    Hie-hie, tien keer? Sy gaan omtrent teleugesteld wees… :oops:

  3. Dellie Says:

    Jy is getag! :wink:

  4. meermin Says:

    Eben hiermee groet ek amptelik!!! Julle moet lekker blog!!! Ta ta!!!

  5. meermin Says:

    Ek hiermee maak ek weer amptelik my buiging tot die blog wèreld het besluit ek gaan NIEMAND se sin vir hulle gee nie!!!

  6. Agnes Says:

    Agnes sien die Baas hier is stout.

Leave a Reply