Koos en die Dr van Welkom

Koos werk by ‘n Dokter in Welkom. 


Die Dr. sou die dag uitstedig wees en vra toe vir Koos om ‘n ogie te hou oor die pasiënte.
Die volgende dag kom die Dr terug en vra vir Koos hoe dit toe gegaan het met die pasiënte. 
 


Koos sê daar was drie pasiënte wat hy gehelp het en die Dr vra toe hoe hy hulle gehelp het en hy sê : 
 

Die eerste pasiënt het ingekom met ‘n lelike hoes en toe gee hy vir hom Benelyn vir die hoes. 
 

Die tweede pasiënt het ingekom met ‘n vreeslike allergie en toe gee ek vir hom Allergex. 
 

Die Dr was baie beïndruk en vra wat van die derde een.


‘Nee’, sê Koos daar het ‘n dame
ingekom, haar kaal uitgetrek en op die ondersoek tafel gaan lê en vir hom
gesê : ‘Ek het vier jaar laas ‘n man gesien .


”O Hel’ sê die Dr ……’En wat
doen jy toe, Koos? ”Nee’, sê Koos ‘Toe gooi ek vir haar Eyegene in haar oë’!!!

5 Responses to “Koos en die Dr van Welkom”

  1. Suz Says:

    He he…., Koos moet eeder vir homself oogdruppels ingegooi het.

  2. meermin Says:

    Baie geluk met jou b’day!!!

  3. boendoe Says:

    I’m a bad, bad friend! :oops:

    Ebie, ek vra GROOT om verskoning!!! Ek sweer ek het my datums heel deurmekaar gehad…MAAR…baie, baie geluk met jou verjaardag gister!! Hoop jy het ‘n fantastiese jaar wat voorle!!!!

    xxxx

  4. Dellie Says:

    Ek is kort op Boendoe se hakke… skuus Ebie! Ek is regtig hopeloos as dit kom by verjaarsdae onthou.

    Hoop jy het groot gegaan en darem onthou om water by te gooi… mag jy ‘n wonderlike jaar hê!

  5. ding Says:

    Dagsê, Boere!

    My danner – jy’t gejaar en jy swyg soos die graf?! Veels geluk, man! Mag die jaar wat voorlê vir jou oeste en opbrengste bring wat jou sommer boer van die jaar maak … op alle gebiede. Eben, mag jy geloof en vertroue hê so sterk soos in droogtetyd opdaag by die biddag vir reën met ‘n sambreel; mag jy deursetting vind om lusern te sny al is dit bewolk; en mag jy deeglik genoeg lewe dat jy kan slaap as die wind waai, Vriend.

    Staan sterk, sit stewig, skiet sekuur en lê lekker!

Leave a Reply