Ek gaan so bietjie groet op die Blog wereld. Met al die vakansie dae en gestemmery weet mens ook nie meer watter dag om op te daag al dan nie vir werk.
Ek verhuis Vrydag Brits toe en keer Dinsdag tot Donderdag terug na Tzaneen waar ek my kennis maand sal voltooi.
Laat dit goed gaan en ons gesels spoedig weer. As daar iets dringend is, welkom om my per epos te kontak eben_pretorius@yahoo.com

April 21, 2009 at 7:49 vm |
Sterkte met die trekkery, hoop ons ’sien’ gou weer!!
April 21, 2009 at 9:21 vm |
Eben sterkte met jou trek. Nou gaan jy nie te ver van my bly nie.
April 21, 2009 at 4:09 nm |
Baai, Ebie. Sterkte, hoor.
XX
April 21, 2009 at 5:28 nm |
Wat vertel jy my nou!! Sterkte en epos my asb. Sien jou dalk einde van die jaar dv as jy nog in Brits is.
Mei 26, 2009 at 1:53 nm |
Eben ek jy en Suz kan gerus een dag koffie gaan drink iewers – dalk by Harties so nie ry ek Brits toe, of jy kan Wonderpark toe ry!!!
Sterkte met die pakkery en trekery.
Mei 27, 2009 at 8:56 vm |
Nee o aarde, hierdie ‘tydelik’ raak darem nou te lank!!!!
Augustus 29, 2009 at 6:05 nm |
Boendoe man het my gevra om hierdie te versprei aan haar blog gesin:
Ok, Boendoe is weer weg, daar gaan nou baie navrae en soektogte wees.. Die rede hoekom sy haar Blog delete het is ek ( Wisecrack).Haar man vir die wat dit nog nie agtergekom het nie.Soos seker die grootste deel van haar blog gesin, het ook ek gaan soek na haar nuwe blog.Baie gevind wat kon relate en haar oor n paar gekonfronteer.( Geen privaatheid of eie identiteid gegun nie.)
Baie harrass en onreg aangedoen. Is seker sy is met n klomp van julle in kontak op e pos, vir die wat nie is nie, hoop sy begin weer gou post.
Wat meer kan ek se, mis haar blog net so veel as almal.
Wisecrack.
Ps, ek is die bad guy hier, nie BOENDOE nie
September 15, 2009 at 10:14 vm |
Jy mag seker nou maar terug keer na die blog wèreld toe, gaan loer gerus daar by my … my hart is baie seer!!