As ‘n Vrydag so begin

August 25, 2008

Dis Vrydagmiddag en ons is genooi na die bure vir hul seun se 21ste verjaarsdag. Na ek klaar gestort het, kyk ek so uit en bewonder die sonsondergang en daar jag 2-3 voertuie by die huis verby. My eerste gedagte is dat dit nie reg is, omrede daar is 100x al genoem dat die voertuie stadig op die landgoed moet ry, omrede daar baie kinders rond ry op hulle 4 wheelers asook trekkers met waentjies vol lemoene.

Ons is oor na die bure en ek het nog skaars vir my so spierverslappertjie ingegooi toe is die volle hel los, en ek verstaan toe die gejaag van die voertuie. Ons HR bestuurder is geroep na die drinkplek van die nie-blankes en vind ‘n LTB trekker asook een van sy eie personeellede aan die drink. Hy noem dadelik die trekker drywer moet die trekker loop bêre en is toe besig met die ander lid wat daar gedrink het. Terloops die was daar met die werk se voertuig. Oppad besluit die LTB drywer hy jag sommer na die HR bestuurder se huis toe en ry sy hek desmoers, is op na die garage en beskadig al die bure en van die mure en bakstene val hulle 4 wheels ook toe.

Salig en onbewus van alles ry sy vrou huis toe. Om een of ander rede tel sy probleem op met haar motor wat ook verhoed dat sy vinniger huis toe ry, en met die dat sy naby die huis is, kom die trekker die pad afgery, na al die skade en stop regvoor haar. Drywer het dadelik begin die voertuig stamp en beskadig. Sy sit dadelik een en een bymekaar en skree vir die een dogter om uit te spring en weg te hardloop, maak nie saak waarheen, maar sy moet net hardloop. Die ander dogter kan die veiligheids-gordel nie los kry en ten einde sy uit is, toe kon HR se vrou ook uit. En soos haar geluk is, tiep die drywer die motor oor haar. Sy is toe vasgevang onder die motor en ten einde jag hy voort. HR vrou het been besering opgedoen en is Maandag 25 Aug ontslaan.

Drywer is deur die loop van die vroeer aand gearresteer na sy tog van verwoesting. Nou is die vraag net, waar eindig sulke dinge. Die versekering sal seker uitbetaal, maar die motor is volgens die boekie waarde R25000 maar vir die HR gesin R130000, want die vrou het elke dag heen en weer gery werk toe. Hoe nou gemaak? Mens het nie begroot vir ‘n paaiement van nuwe voertuig?

    


Gesondsheids Wenke?

August 22, 2008

V: Ek hoor kardiovaskulêre oefening is goed vir ‘n mens, is dit waar?
A: Jou hart is slegs gebou om soveel maal te klop, en dan’s dit alles oor… Moenie dit op oefening vermors nie. Enige orgaan raak uiteindelik uitgeput. As jy dit vinniger laat klop sal dit jou nie langer laat leef nie; dis so goed as om te sê dat jy jou kar se leeftyd kan verleng deur hom vinniger te ry. Wil jy langer leef?  Gaan dut so ‘n bietjie.

V: Moet ek minder vleis eet en meer vrugte en groente?
A: Jy verstaan nie die beginsel van logistieke doeltreffendheid nie. Wat eet ‘n bees? Gras en hooi endiesmeer, wat groentes is. Dus is ‘n lekker stuk steak niks anders as ‘n doeltreffende manier om groente in jou stelsel te kry. Wil jy groente hê?  Eet hoender. Bief is ook ‘n goeie bron van vesel, aangesien gras vol daarvan is. ‘n Varktjoppie kan ook help om te verseker dat jy 100% van jou daaglikse aanbevole dosis groente inkry.

V: Moet ek my alkoholinname verminder?
A: Nooit!!!!  Geensins nie. Wyn is van vrugte gemaak. Brandewyn is gedistilleerde wyn, wat beteken dat hulle die water uit die vrugtige deel verwyder sodat daar soveel meer van die voedingswaarde oorbly.  Bier word ook van graan gemaak. Hou die blinkkant bo!

V: Hoe kan ek my liggaam/vet verhouding bereken?
A: Wel as jy ‘n liggaam het en jy het vet is jou verhouding een tot een. As jy twee liggame het, sal jou verhouding twee tot een wees, ensovoorts.

V: Wat is die voordele daarvan om aan ‘n gereelde oefenprogram deel te neem?
A: Kan nie aan ‘n enkele voordeel dink nie, jammer.  My filosofie is hoe minder pyn, hoe beter!

V: Is gebraaide kosse nie sleg vir jou nie?

A: JY LUISTER NIE!!!!. Kosse word in plantolies gebraai deesdae.   Om die waarheid te sê hulle is deurdrenk daarmee.  Hoe kan dit sleg vir jou wees as jy nog meer groente inkry?
V: Is sjokolade sleg vir my?

A:  Is jy laf? HELLO. Kakao bone! Nog ‘n groentesoort!!! Dit is die beste gesonde lekkerny ooit!
V: Is swem goed vir my figuur?

A: Het jy al ‘n walvis gesien?

Wel ek hoop dit sal al die alledaagse mistastings oor voedsels en diëte opklaar
En onthou
:
Die lewe is nie ‘n reis na die graf met die doel om veilig in ‘n aantreklike en goed gepreserveerde karkas daar aan te kom nie,
………………………….
jy moet eerder op jou alie daar inskuur - met ‘n Chardonnay in die een hand - sjokolade in die ander - liggaam goed opgebruik terwyl jy hardop skree: “hie ha, dit was nou vir jou ‘n bakgat trippie!”


Slippertjies aantrek ?

August 19, 2008

Jannie het elke oggend met ‘n blou oog by die skool aangekom. Die juffrou het vir hom gevra hoekom sy oog blou is. Jannie se antwoord was:

” Ons bly in ‘n klein huisie en ek en my ma en my pa slaap in een bed. Elke aand vra my pa vir my, ” Jannie, slaap jy al? ” , dan sê ek ” Nee, pa ” en dan slaan my pa my en gee my ‘n blou oog ” .

Die Juffrou se toe vir Jannie, ” As jou pa jou weer vra, dan bly jy doodstil. ” Die volgende dag het Jannie nie ‘n blou oog nie, toe sê hy vir die Juffrou dat hy stil gebly het. Maar die dag daarna het Jannie weer ‘n blou oog. Die juffrou vra toe vir Jannie ” Hoekom het jy dan weer ‘n blou oog? “

Hy vertel toe vir die Juffrou:” Pa het gevra…’Jannie slaap jy’?, maar toe bly ek doodstil. Pa en ma het toe gewoel in die bed.

Toe vra pa vir ma: ” Kom jy? ” toe se ma, ” Ja… kom jy ook? ” , toe se pa ” Ja ” , en toe sê ek:

” Wag vir my, ek kom ook, ek wil net gou my slippertjies aantrek. “


Reels vir ‘n regte boerebraai

August 13, 2008

 1.      Doen so bietjie moeite met jou aankoop van jou vleis. ‘n Braai is ‘n ernstige ding, benader dus jou aankope ook so. In die ou dae was jou slagter amper familie. Jy het hom immers meer gesien as jou dokter. Deesdae is dinge soveel makliker en onpersoonlik. Rakke het gesigte vervang met die gevolg dat die jonger geslag onbekend geraak het oor wat nou eintlik goeie vleis is. As ‘n ding goed verpak is dan lyk hy mos gaaf genoeg om te braai. Kak man! So, as jy nie vleis ken nie, vra jou slagter.

2.    Daar is nie ‘n ding soos ‘n te warm vuur nie. Dikker snitte vir braai! Dun steak is altyd taai en proe kak. As die vuur te warm is, haal jy net gouer die vleis af!

3.    Steaks is medium-rare en miskien selfs medium. As jy van jou vleis ‘well-done’ of “cremated’  hou - gebruik ‘n blow torch en hou jou vleis van ‘n braaier af. Hardloop dan ook sommer in ‘n muur vas. Herhaaldelik! Rare is net vir persone wat die smaak van vleis opreg waardeer! Dis nie bloed nie, my fok, dis sap!

4.   ‘n Steak sonder vet is nie ‘n steak nie.( Fillet het geen vet nie ). Fillet is vir bejaarde mense met vals tande. Tenderised steak hoort op die Kerkbasaar se steakrolls. Nie op ‘n vuur nie!

5.   Wors moet nog kan buig as hy afgehaal word - dit moet nie breek nie. Wors word ook nie vol gate gesteek nie, kry vir jou iets anders om te steek.

6.   As jy nie kan braai nie, moenie! Jy fok net jou gaste rond.

7.   Vleis word van die rooster of die plaat af opgeskep - nie uit ‘n lou-oond uit nie, en geen elektriese braaier kwalifiseer as  ‘n braai nie.

8.   Uitpass voor die ete is uit soos bok…! Dit is moerse ongeskik en ‘n aanduiding dat jy kak gewoontes het.

9.   As jy self jou vleis wil braai want jy vertrou nie die braaier nie, of as jy net doodeenvoudig vol kak is, praat voor die tyd of shut up!

10. As jy ‘n ander persoon die braaireg by jou huis gee dan swaai hy die septer.  Die braaier (die ou met die braaitang in die hand) is baas. Hy kan nie nog sy aandag verdeel om vir almal drankies te bedien nie.  Kry sommer self, en sorg ook dat die braaier deurentyd iets te drinke het.

11. As jy met hout wil vuurmaak, koop ordentlike hout. Gebruik slegs as daar genoeg vuuraanstekers is want om die ding aan die gang te kry kos hitte. Baie hitte. Die rook van ‘n sukkelende vuur is ‘n steurnis. ‘Smokey Robinson’ word nie hier geduld nie. As jy kan braai en nie ‘n ordentlike vuur kan maak nie dan lieg jy.

12. Komplimenteer die braaier as die vleis gaaf is. Indien nie, sê so! Hoe de fok anders moet hy leer?

13. Een slaai by ‘n braai is genoeg, en daar hoef nie poeding te wees nie.  Nog ‘n stuk vleis dien net so goed as nagereg.

14. Hou jou stompies uit ‘n braaivuur uit! Jou kak gewoonte hoort by jou huis!

15. Met rugby steek jy die vuur tydens halftyd aan.

16. Hoender eet jy met die hand. Tjops en wors ook. Gebruik ‘n broodrolletjie vir ‘n “vatlappie” vir warm wors. Steak eet jy met ‘n mes en vurk. Vis word nêrens noord van die Oranjerivier gebraai nie.  

17. As jy jou pap saam met ‘n braai met melk en suiker eet, is jy wanaangepas en skreeu jy seker vir die Bulle.  Vra almal by die braai om jou teen jou kop te klap, maar dit sal seker ook nie eers help nie.

18. Politiek, godsdiens en baba praatjies is uit om ‘n braaivleisvuur. Rugby, jag, 4×4 bakkies en die buurvrou se tan-lyne is die norm. Visvang stories word eers gepraat as almal gesuip is, want dan kan die wat nie visvang nie saam kak praat.

19. Vleis moet gereeld omgedraai word, nie halfpad aan die eenkant gaar gebrand word en dan omgedraai word nie. Draai kort kort jou vleis.

20. Vleisbraai is nie net ‘n geleentheid om te staan en drink nie. Baie moeite word gedoen met die voorbereiding en die gaste wil graag ‘n lekker stukkie vleis geniet.

21. …….. en so terloops, almal wil nie 12 uur die aand eet, as hulle nie meer honger is nie. Miskien is hulle honger maar te bemoerd om te eet.


Huisdiere

August 11, 2008

Mense na aan my, sal weet dat ek baie lief is vir huisdiere.

Nou, Saterdag-oggend lui my sel, en hier is dit my suster uit Brits wat snik soos sy huil. Ek word eers yskoud en dink dis my mammie wat ook maar oor die 80’s is. Vra wat is fout en ek hoor net dat een van haar huis katte dood is.

Ek is lief vir katte en net die dood onlangs van vrou se kat, het ons daarteen besluit om weer een te kry. Suster se katte is van daardie soort wat in die huis is, lui-lekker  lê en slaap op n bank ens. My wens was nog altyd, om sulke kat(te) te kon hê wat nie rondloop.

Maar terug na die sel oproep …. Na sy bedaar het hoor ek haar kat is uitgesit. Toe kom ek agter die storie, iemand het haar kat geskiet, in die kop(pie). My liewe donner, wat def@k gaan aan met ons mense? Het ons so verander na wetters toe dat ons nie meer omgee vir mekaar se diere, eiendom of wat ookal. As die betrokke diere gepla het, het mens nie meer die bols om op te staan en te noem, ‘ .. jou kat/hond pla?’  Maar om te skiet vir dood, is mos nie ‘n opsie?

Is dit nie hoekom alles om ons uit mekaar spat, en ons nie meer tyd vir mekaar het nie. Dat ons nie meer omgee vir mekaar. Ek is jammer, maar ek staan by my punt, ek gee meer om vir diere as mense!! Ja, dis reg, ek gee meer om vir diere as mense. ‘n Dier kom na jou en maau of blaf of wat ookal en vra vir ‘n stukkie afval kos. Net ‘n stukkie, afval kos wat jy elke geval in die asdrom gaan loop gooi. Dan jaag/verwilder jy die ook weg of skree “voertsek!”  ‘n Mens kan self kos soek, kan self kos produseer en het ‘n mond om te praat en te vra, ‘n dier nie!

Mag die Liewe Vader my behoed om op so mens af te kom, wat sommer net ‘n hond/kat skiet omdat dit lekker is. Omdat, dit net so is!!

Bliksems!!!


Was jy al op ‘n Fancy Dress Party?

August 7, 2008

 ‘n Man met ‘n houtbeen en ‘n bles kry ‘n uitnodiging na ‘n “fancy dress” partytjie. Hy het egter nog nooit met so iets te doen gehad nie en skryf toe ‘n  brief aan ‘n maatskappy wat hulleself uitleen om jou te help met sulke tipe probleme. Hy verduidelik mooi wat sy voorkoms en gebreke is.

 

‘n Week of wat later kry hy ‘n pakkie van die maatskappy af. In die pakkie is ‘n sakdoek, seerowerpak en ‘n nota. Die nota lees as volg:

“Neem die sakdoek, bind dit om jou kop en trek die seerowerpak aan. Die drag en houtbeen sal jou mooi laat inpas by ‘n seerower-tema.”

 

Hoogs ontsteld en uiters beledig stuur die man vir die maatskappy ‘n brief en vertel hulle in baie ferm taal hoe beledig hy voel oor die voorstel. Hy is dan nou juis so sensitief oor sy gebrek van die houtbeen.

 

Nog ‘n week later daag daar weer ‘n pakkie op met ‘n monnikspak en nota. Die nota lees: “Trek die monnikspak aan wat u houtbeen dan mooi sal verdoesel. Die monnikshoed en gewaad sal dan mooi saam met u bles inpas by ‘n kloostertema.” Nou is die man eers kwaad.

Weer skryf hy vir hulle en stel dit baie duidelik dat sy bles nie iets is om mee te spot nie. Die volgende week kry hy weereens ‘n pakkie van die maatskappy af met’n nota  en ‘n blik karamelstroop daarby. Die nota lees:

“Neem die blik karamelstroop en keer die volle inhoud daarvan oor u bles uit. Neem dan u houtbeen, druk hom in u g@t op en gaan na die geleentheid as ‘n toffie-appel!”


Doop?

August 6, 2008

Jannie se ma loer deur die venster.

Jannie en sy kat is besig om Kerk Kerk te speel.

Hy sit daar stil en preek vir die kat.

Glimlaggend draai sy om en gaan aan met haar werk.

Die volgende wat sy hoor is ‘n vreeslike ge-rumoer, dit miaau en blaas - dit is ‘n vreeslike gedoente!!

Sy hardloop terug en sien Jannie is besig om die Kat te DOOP in ‘n bad water

“STOP DIT!” skree sy vir Jannie “die kat is bang vir die water”

Rustig kyk Jannie op en antwoord sy ma: “Hy moes daaraan gedink het voordat hy by my Kerk aangesluit het!”


Letsitele Kaskas Wedren!!

August 1, 2008

Hierdie posting is so bietjie agter die tyd, want dit het reeds verlede week in Saterdag gebeur.

Omdat ons ook maar nuut in die omgewing is, is dit lekker om die verskillende feeste by te woon, en dit het my absoluut geprikkel. Die jaarlikse Letsitele Kaskas Wedren!! Die jaar is dit op die bekende Die Eiland se terrein aangebied. Ons is bevoorreg want Die Eiland is so 60km van ons huis.

Nie-te-min almal in die omgewing  neem deel. Skole, Boere, Kerke en ons. Ek het verneem daar was oor die 1500 deelnemers gewees. Eers het dit begin met die voorskool kinders. Ek het dit ongelukkig gemis, maar dit was glo prêt. Die verskillende kleuter skole teen mekaar, en die jongelinge het glo geoefen met die kaskarre voor die tyd. Onthou dis nie sommer van stoot nie, jy moet kan bestuur ook!! Glo my ‘n paar hakskene het ook in die slag gebly!

Bygaande sien die foto’s wat ek geneem het. Soos ons weet, foto’s kan nie eintlik vertel hoe genot vol dit was.

      

Hier is onse spannetjie …. Mmmmm tweede laaste, maar asb (!!) net saggies se!! :mrgreen:

 


Is jy ook Platsak??

July 31, 2008

Iemand klop en Eben maak die deur oop. Voor hom staan n verkoopsman :

“Meneer, gun my n oomblik om die nuwe rewolusionere stofsuier, die HUNGRY-VAC, aan u te demonstreer.”

Eben ” Jammer, ek kan ongelukkig niks koop nie - ek is in my moer in platsak”  :

Verkoopsman : ” Meneer die HUNCRY-VAC is ongelooflik. Ek kan nie hier weggaan sonder om dit ten minste aan u te demonstreer nie!”

Met die gooi die verkoopsman ook sommer dadelik n sak nat Engelse Bulldog hondekak op Eben se nuwe sitkamermat.

“Meneer, as die HUNGRY-VAC nie die mat skoonmaak nie sal ek persoonlik die stront van die mat af opeet”

Eben : ” Ek hoop jy het n MOERSE eetlus want my elektrisiteit is al verlede week afgesny! …………… Watter gedeelte van plat-fokken-sak verstaan jy nie!”


Is jy kommin?

July 30, 2008

1 Die Halloween pampoen op jou stoep het meer tande as jou girlfriend.

2 Jou twaalf jarige dogter mag rook by die tafel voor haar kinders.

3 Jy is al drie keer getroud maar jou skoonouers bly dieselfde.

4 Jy dink chicks wat nie in jou belangstel nie, bestaan nie.

5 Jack Daniels is op jou lys van mense wat jy graag wil ontmoet.

6 Jy wonder hoe die garages hulle toilette so skoon hou.

7 As iemand in jou familie al dood is nadat hulle gesê het, “Hey, check dit uit.”

8 Jy dink Dom Perignon is ‘n Mafia baas.

9 Jou vrou se hare het al vasgesit in die ceiling fan.

10 Jy dink Johnny Walker het die comrades gewen.

11 Jy het al ‘n vuurhoutjie gestrike in jou huis en net die wiele het oorgebly na die ontploffing.

12 Jy kan nie met jou sweetheart trou nie omdat die wet dit verbied.

13 Jy dink om die skottelgoedwasser te laai is om jou vrou dronk te kry.

14 Jou toilet papier het bladsy nommers.

15 Jou engelse buurman skree, “Ho Down” en jou chick val op die grond.

16 Jy het een volledige stel koppies en almal sê Wimpy.

17 Die grootste dorp wat jy al in was, was Boys Town .

18 Jou werkende TV sit bo op jou gebreekte TV.

19 Jou bure dink jy is ‘n speurder want die polisie bring jou altyd huis toe

20 Jy skree vir die Sharks