Hier is ‘n paar foto’s wat ek geneem het toe Marilee en Steyn vir my kom kuier het in Tanzania, Dar-es-Salaam. (April 2007)
Hier is ons oppad na ‘n eiland toe om te gaan snorkel die dag. Die weer mag dalk lyk of dit wil reën, maar dit was ‘n lieflike dag. Let asb op na hoe skoon die water is
Natuurlik word ek ook honger op die eiland. Ek reken ek is die hele dag agter Steyn aan in die water… Dit mag lyk of dit nie skoon is nie, maar glo my dis skoon en gehenies. Kyk ek eet my bod kos op, ek mors nie, maar smaak my Steyn is ook soos sy pa ….
Ongewense gaste … wat praat jy alles? Hierdie is ‘n Coco-nut vreter. Die man bly glo in bome en nie in die water. Met daardie knypers knyp hy ‘n Coco-nut oop. tussen ons, ‘n Coco-nut is $%^& hard. Wat die plaaslike mense ook noem is dat hierdie nog ‘n kleintjie was, en daardie knypers sal ‘n man se arme mors af knyp. Wel ek wil dit nie sien of beleef …
Soos dit maar is, soek soort vir soort op. Ek is trots Afrikaner en dan loop soek ek maatjies om naweke saam rugby te kyk ens. Ek het my nie laat vertel ek is die enigste ou in Dar-es-Salaam wat rugby kyk nie. Ek loop my vas teen die plaaslike Spur, jy lees reg, die Spur in Dar-es-Salaam. Sien asb ook hul aanbieding tov slaaie ….. Hulle vleis snitte word ingevoer vanaf Brazil. Glo my die rib(betjie) mag taai lyk, maar dis super sag.
July 26, 2007 at 9:42 pm
Eben, daai coconut vreter! Grrr! Ek wil hom nie in die aand op die strand kry nie! Dis ‘n vreeslike ding! Kan ‘n mens hom eet?
En die see lyk hemels! Moet se, ek was nog nie by ‘n strand met sulke skoon, wit sand en helder blou water nie. Dis regtig pragtig!
Ek het nou eers die foto’s ontdek. Gaan verder rondkrap en kyk wat jy het!
Tata
July 27, 2007 at 7:21 am
Jong Boendoe ek weet nie of mens dit kan eet, maar onse onverbleikte nasie sal dit seker kan eet!!
Die kans is beter om ‘n BoerBok te eet as die gedierte!