Cheetahs
Jan, Piet en Koos is in ‘n vliegtuig besig om oor die wereld te vlieg.
Koos: Jan, wat sien jy van hier bo af?
Jan: The great wall of China!
Koos: Piet wat sien jy van hier bo af?
Piet: Die Eifeltower
Koos: Oo, al wat ek sien in die gap in die Cheetahs se backline!
_______________________________________________________________
Wa jy gewees Eben?
Ek het hierdie baie baie goeie vriend van my, Barry. As ek en Barry saam is (alleen), dan weet ek sommer Marilee gaan my later ‘uitsolteer’. En die ergste is dat sy vir Barry ook baie lief is soos ‘n broer en die volgende grappie laat my so aan Barry dink:
Die ou kom baie baie laat by die huis aan, eers 8h00 die volgende oggend. Sy vrou vra hom waar was hy die vorige aand, waar hy noem by een van sy beste pêlle, en daar oornag het. Sy gaan skakel 10 van sy beste pêlle waarvan 8 noem hy het daar oornag en 2 van sy pêlle noem dat hy nog steeds daar is!!
________________________________________________________________
Onnies
Met die onlangse staking deur staats amptenare laat my dink aan die onnie wat so min geld kry soos hulle beweer:
Vraag: Hoekom drink onderwysers so baie op braais?
Antw: Sodat sy kinders nie moet ruik hy het vleis geëet!
________________________________________________________________
Die blondine sit in die restaurant. Die kelner vra haar: ‘Sop vir u?’
Sy antwoord waarskuwend: ‘Pasop vir jou ook!’
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Wat is die definisie van ‘n tiener? Iemand wat alles weet, behalwe
hoe om eksamen te skryf
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Die man is besig om wakker te word uit narkose na ‘n operasie en
sy vrou sit langs hom op die bed. Sy oë flikker oop en hy sê vir
haar : ‘Jy is pragtig!’ en toe raak hy weer aan die slaap. Sy vrou
het hom dit nog nooit hoor sê nie en bly dus by sy bed. ‘n Paar
minute later flikker sy oë weer oop en hy sê : ‘Jy’s oulik.’ Die vrou
is baie teleurgesteld want in plaas van ‘pragtig’ is sy nou net ‘oulik’.
Sy vra : ‘Wat het van pragtig geword?’ Die man antwoord : ‘Die
effek van die verdowing is besig om af te neem.’
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Die dominee staan voor die kansel met ‘n gebreekte arm, ‘n blou
oog, ‘n verband om die kop en ‘n kierie in die hand om voor die
gemeente ‘n belydenis te doen: ‘Ek is verskriklik jammer oor almal
wat Dinsdag seergekry het toe ons per ongeluk die koekverkoping
en die Weighless-klas op dieselfde dag geskeduleer het…’
August 15, 2007 at 1:43 pm
Eben, geluk met jou praat-hoekie! Ek weet ons gaan nog lekker en gereeld hier lag en praat.
August 21, 2007 at 11:41 am
HAllo , ek hou van die Cheetha grap. ek is n bul en ek gaan dit beslis vir my maat vertel.
dankie
December 22, 2007 at 2:47 pm
Oom Eben,
Watter sonderlinge voorreg is dit nie om jou hier in die kuberruimte raak te loop nie. Jou blog is vol genot. Dankie!!
Hoop jy, Marilee en Steyn ervaar ‘n vreugdevolle Kersfees en dat al julle drome vir 2008 waar sal word.
Groete uit Wirivier!!
Riaan Pienaar.
ns. Koos bly doning!!