Hoe om korrek op te tree wanneer …..

July 29, 2008

Indien u Jurie Els raakloop, sal u hom dadelik herken. Hy sal langs ‘n afgetrede atletiese figuur loop. Onthou, Jurie sal die korter,  gegrimeerde een wees van die twee.  Hy hang gewoonlik by vlooimarkte en supermarkte rond, veral waar daar jong seuns is.
Hy hakkel blykbaar van be NEUKT geit as jy hom aanspreek as SA se eie Supermark sanger. Hy is laas gesien in Aukland Neuw Zeeland met ‘n T- Hemp wat sê: ” Wie’s jou Oom”

Wees taktvol wanneer u die sangeres Juanita du Plessis ontmoet.   Sy is wel ‘n gewilde Afrikaanse ster, maar het nog nie die taal onder die knie nie. Gebruik klanke soos yoi-yoi en Patti-Patti indien u met haar wil kommunikeer.

Die jong talent Nadine sal aanstoot vind, indien u haar vra “Wanneer hou jy op?”    Onthou, swak smaak verskil.

Indien u ons eie “loslappie” Kurt Darren ontmoet, kan dit tot ongemaklikheid lei indien u te lank staar na sy gesig. Vergewis uself van die feit Dan sommige manne ook partykeer grimering dra.

As u Johan Stemmet raakloop, komplimenteer hom omdat hy baie lanklaas ‘n musiek-CD vrygestel het. Die kleurvolle onderbaadjie wat hy aanhet, veral in lewende lywe, mag aanleiding gee tot braking, maar dit is ongeskik om dit voor hom te doen. Doen dit liewer binnemonds. Indien u sukkel, oefen solank deur aanhoudend na die liedjie “Pappa se dogtertjie” te luister.

Indien u ‘n ongetroude man is tussen twintig en vier-en-tagtig, sal ek aanraai om liewer nie die geselskap van Sunette Bridges   op te soek nie.  Geen ordentelike, Calvinistiese man moet tot sulke laagtes daal nie.

Wanneer u die gewilde minnesanger Dozi raaksien, kyk op.. Anders sal hy jou nie sien nie. Maak seker u spreek die “z” korrek uit. Dit is slegte smaak om hom uit te vra oor hoekom sy asem so stink.

Indien u Steve Hofmeyr raakloop, moenie vra vir ‘n acapella weergawe van sy treffer “Pampoen” nie - hy mag dit dalk net doen. Indien u tussen die ouderdom van tien en vyf-en-twintig is, mag Steve aanstoot neem indien u vra vir ‘n speekselmonster aangesien u dink “hy is jou pappa”. As jy ‘n gym instrukteur of ‘n joernalis is, vermy hom.

Indien u die opkomende talent Robbie Klay  ontmoet, vlei hom dat hy sy “mullet” afgesny het. Dit is nie baie goeie smaak om vir iemand onder die ouderdom van twintig te vra hoeveel ongehude kinders hy het nie. Moet hom ook nie vra wie sy “Oom” is nie of hoeveel Huisgenoot hom per uitgawe betaal nie.

Indien u die Groep 2 sanger en Wielie Walie aanbieder Gert van Tonder raakloop, sal dit onvanpas wees om te vra of hy enigiets te doen gehad het met die gay kouse wat so in en uit die kas was op die stel van Wielie Walie.  Gert was net ‘n aanbieder van die program en ek weet ook nie of hy nog leef nie.

Indien u die immergewilde Anneli van Rooyen ontmoet, moenie woordspelings maak oor haar “Eerste liefde” nie. Mense bly ongehuud vir verskeie redes.

Dit is uiters swak smaak (en mag dalk tot ‘n blouoog lei) indien u die sangeres Amore Vittone-Van der Westhuizen vra of sy net kinders kry om in die kollig te bly.   Net omdat u dink dat sy ‘n betwyfelbare sangtalent het,    beteken dit nie dat u haar so mag beledig of, in haar geval, bemoedig nie.

Dit sal onvanpas wees om vir Andre Schwartz te vra of hy mense verkies soos in sy musiekvideo “Ek wil jou nooit weer sien” - manne geklee in vrouedrag.

Dit sal onbeskof wees om, in geselskap met Theuns Jordaan, te verwys na sy stem as ‘n “brul van ‘n lesbiese leeu”. Lesbiese leeus kan nie brul nie.

Rina Hugo  sal nie geamuseerd wees indien u haar vra: “Is daai mal spinnekop mannetjie daar tussen die dromme en simbale jou kind, en hoe de hel het hy op Noot vir Noot gekom?”  Wees taktvol en bly maar liewer stil.  Wees bly dat u nie so ‘n kind het nie.
                 
Moet ook nie vir Riaan Cruywagen vra wie sy haarkapper is nie.


Freddi Nest
raak blykbaar hoogs die donner in as jy vir hom vra: “Jy het nou die kitaar, waneer begin jy sing?” of “die liedjie, jy’s my Na Na Na, wat beteken dit?” of “kry jy nie warm met daai leerbaadjie nie?”


Salaris verhoging?

July 28, 2008

Dit is vyfuur en die trein van Tzaneen terug na Welkom ( :lol: ) toe is gepak en heelwat van die mense moet maar staan.
Een vrou lyk baie ontsteld en draai om na ´n man wat reg agter teen haar staan:

“Meneer, as jy aanhou om jouself so onwelvoeglik teen my aan te druk, gaan soek ek onmiddellik ´n polisieman.”

Die man bloos en sê: “Ek is baie jammer, mevrou, maar dit is maar net my beursie met my salaristjek daarin wat u gevoel het.”

“O,”sê sy katterig, “dan moet jy seker ´n baie groot salaris verdien, want die afgelope twaalf minute het jy presies ses verhogings gekry.” 


Hond vs Kat

July 25, 2008

Onse bediende is nie die week by die werk, glo een of ander siekte. Dit beteken dat ek Marilee help in die oggende asook aande om die huis aan die kant te hou. Hoe se hulle ‘ … dis die regte ding om te doen’ :)

Na ons gisteraand klaar is, sit ek en TV kyk en later gaan le sy en Steyn. Ek besluit om gou deur ons plaaslike koerant te blaai om al die skinder-nuus te lees. Later blaf die klein hondjies in die huis, en ek maak nie die deur oop vir hulle, en Marilee kom in en noem dat dit klink of honde baklei. Ons hardloop gou agter toe, waar my Engelse Bulldogs is, maar die slaap al snorkend voor die nuwe oil-heater wat in hulle kamer is.

Ek gaan aan met die lees van die koerant en Marilee loop le weer. Nie te lank is sy weer terug. Honde baklei iewers. Ek loop saam haar uit na buite, en let dat daar ‘n beweging in my buurman se erf is. Ek merk dis buurman, en sien hy lig op sy honde en loop terug.  Maar iets pla my, ek stap nader en sien sy honde staan voor iets wat hulle gevang het. Ek gaan terug huis toe en skakel hom en vra wat gaan aan. ” …. agggg ek sien hulle het ‘n kat gevang!!!” Ek noem my liewe bliksem, dis Marilee se kat.

Ek loop terug na hom en hier hou hy die kat aan die stert en gee die dooie kat vir my oor draad. Ek noem aan hom ek dra kennis dat die kat in sy erf is, maar die manier hoe hy dit hanteer. Ek noem dat sy hond al uit die erf gekom het, sonder lyfband en twee kleiner hondjies dood gebyt het. Wanneer is dit ‘n mens se beurt. (Terloops dis ‘n Boerboel en ‘n mooi hond ook daarby.) Ek noem dat hy ‘n probleem het met sy hond, of moet ek se sy hond se baas het ‘n probleem.

My mede kollega noem aan my hy het hom al op ‘n geleentheid gewaarsku dat die hond ‘n karakter probleem het, om ‘n klein hondjie, en ook ‘n teef daarby dood te byt. Ek is geneig om saam te stem.

Wel jaaaa die harte van die Pretoorse is baie hartseer want onse diere is maar soos kinders in die huis, en die katjie was ‘n besondere kat gewees.


Hiers myne ook !!!

July 23, 2008

Ek sit so en dink, waaroor kan en wil ek skrywe. :wink:

Toe dink ek so, as Dellie oor haar ‘Langlaagte hondjies’ kan skrywe en wys, kan ek seker myne vir julle wys. Laat ek dink, hoekom wys ons nie sommer vir mekaar hoe lyk onse dierekinders by die huis!!


Wat weet julle van die??

July 18, 2008

Ek ontvang die e-pos en toe wonder ek …. wat weet julle van dit??

MEGA STAATSLOTERIJ PROMOTIONS.
 
In line with the weekly sweepstakes of the above named organization held on the 14th of July, 2008.It is our pleasure to inform you that your e-mail address attached to the above Ref No.Netherland/9420X2/70,Batch No.074/05/ZY345, Serial No:5368/06,and Award No.02,03,13,16,18,20,23. Ticket Nos:56475612545 came up in the first category has won the prize Sum of: €2,000,000.00(Two Million Euro) Do contact the details below:
 
Contact Person: Mr. Robert Hans
Email: mgclaimdepartment@yahoo.de
Phone: +316-151-714-49
Fax: +318-473-899-84
 
You are advised to provide him with the following information:
 
Your Names:
Phone number:
Fax number:
Nationality:
Occupation:
Email Address:
 
Yours Sincerely,
Vjertis Von Adrian (Ms.) CPA.

 __________________________________________________________________________________________________________________

 

Attn: Eben Pretorius,
 
Your application for claim of lottery winning prize is under process and full settlement will be made upon certification of your details.
 
Be informed that we are in possession of your prize-winner certificate which will be sent to the financial institution to effect your payment when you have completed the form below and return it to us with 24hrs of this mail.
 
Hence, carefully fill in the appropriate information in the spaces provided below to facilitate our immediate processing of your prize claim.. Your funds have since been deposited with a Financial Company in The Netherlands for settlement of your winning. Once we receive the requested information below, your claims file will be sent to the financial Company for settlement.
 
THE BENEFICIARY OF THE FUNDS SHOULD COMPLETE THE ATTACHED FORM.
 
NOTE: You are advised to send back your completed form to  our Attorney immediately for the processing of your winnings due to time frame.We do not have enough time due to the deadline date so you have to act swiftly to enable you meet with this date.See below the details of our legal advice who we be assisting you in getting all the neccesary documatation to back up your winning claim and you can as well send back the claim verification form through the mega prime lottery account also or through fax and you must indicate your email address also with the claim form been send through fax.
 
ADVOCATEAN LARRY BROWN
234 Afrikanaplein
Amsterdam Oost
Tel:  +316-272-351-41
Fax: +318-473-899-84
E-mail:
barr.larrybrownchambers@yahoo.de
 
Accept our congratulations and awaiting your prompt response.
Yours Faithfully,
 
Vjertis Von Adrian (Ms.) CPA.
Coordinator: Mega Promo.
E-mail:
megapromo@winning.com
Games/Lottery Coordinator.
Mega International Promotion.

 

 

LEGAL ADVICE  CLAIMS LAWYER DEPARTMENT
 
Reference: MLINL101095/678/3951RLA
Barrister Larry Brown. (Claims lawyer Officer)
Claims Department,
 
Attn: Eben Pretorius,
 
                                              NOTARISATION FEE     
 
We acknowledge the receipt of your email, we are hereby pleased to inform you that after normal verification and scrutiny exercise with the LOTTERY COMPANY, you are found qualified to receive payment of the above stated lottery prize..
 
 
Therefore you are hereby informed of the mandatory none-resident fee of 650 euros, this fee stand for the notarization and the acquisition of the certificate of award needed to effect the swift transfer of your winnings, your notarized forms will be documented with a stamped file by the international court of justice (ICJ) in the Netherlands by our legal department.
 
Which gives you the legal backing for the bank to make transfer, so you are expected to pay the notarization and documented file Fee of (650), Six Hundred and fifty euros, only: that must be obtained from the international court of justice (ICJ) in the Netherlands by our legal department.
 
Due to lack of time this fees will be made available via  Money Gram  from any location near you in your country you can make the payment through our accredited receiving officer stated below: And as soon as you want to send the fees do give us a call to give you more guide line on how to send the fees via the procedure we have give you.
  
Name:Mr Solomon Monye 
Address:54 waterloplein Amsterdam Netherland
  
Kindly send the receipt of payment via fax; as to enable us conclude the processing of prize and obtain the approval which facilitates the immediate remittance of your lottery prize (fund) into your nominated bank account.
 
Due to the limited time on your winning price as indicated on the winning notification you received, I would advice you follow up with this instruction as soon as possible so your winning process with The Netherlands Board of Lottery Commission, to enable the transfer on the mode of payment you have indicate on the payment scheme form which you have filled
 
Furthermore, we advised you keep your winning information confidential until your claims has been processed and your money remitted to your nominated bank. This is part of our legal protocol to avoid double claims and unwarranted abuse of this programmed by some participants.
 
We await your prompt response and acknowledgement.
Congratulations in advance.
 
ADVOCATEAN:  Larry Brown
Larrys Associates
Fax: +318-473-899-84


Tanne kners?

July 14, 2008

Dit is Saterdag en op die Kaapse Parade is die tafels propvol en dit koop en verkoop vir die vale.

Van iewers af dreun ‘n prediker se waarskuwende stem oor die omstanders se koppe:

“Djulle moet djulle bekier! Djulle moet djulle se verkeerdigheide lat staan! En as djulle nie wil lyster nie, sal djulle hel toe gan! En die hel, sê ek vir djulle, is ‘n vrieslike plek. Die Woord sê daar sal ‘n geween wees en ‘n gekners van tanne!”

Iemand lag en die prediker kyk stip in sy rigting.

“En djy met die hasbek dar annerkant - die manne wat nie tanne hetie, vir djulle sal tanne ge-supplaai word! Maar kners sal djulle kners!”


Trots?

July 12, 2008

In die aande as die vrou gaan skuins le, dan sit ek en Steyn en ons gesels ons geselsies. Nou so aand of wat terug sit ons ek kyk TV na die Craven Week Rugby en kyk toevallig na die Limpopo-Blou Bulle se wedstryd en hy hak af:

…… Dad, weet ek is trots om te se ek is ‘n Vossie (Hoerskool Ben Voster), ek is trots om te se ek bly op die plaas en ek is trots om te se ek is Steyn Pretorius, maar Dad ek is nie trots om te se ek is van Suid Afrika!”

My liewe aarde … waar val jy uit seun, wonder ek. Maar kom ons gesels daaroor. Dit kom neer absoluut op al die korrupsie, misdaad ens wat hom op sy jeudige ouderdom pla.

Nou wonder ek, is ek trots op my land??


Wat ek wou en wat ek is!!

July 11, 2008

Okay, huiswerk vanaf Dellie!!

Van dat ek my verstand het, wou ek ‘n veearts word. Ek het in Brits groot geword en daardie jare was daar Dr Ronnie de la Rey die plaaslike veearts. Daardie dae kan ek onthou dat die veeartse en dr’s na jou huis toe gekom vir besoeke ens. Ons was ook huis vriende met oom Ronnie en as klein seuntjie het ek altyd hom bewonder hoe hy met diere werk.

Daar het ek besluit ek wil ook soos oom Ronnie wees. Ek wil diere gesond maak en reg dokter. Toe ek egter op hoerskool kom, draai my kop hier in std 9 se kant na Regte toe. Gedink ek sal die donners ‘n les leer as hulle verkeerd opgetree het. Dit het sover gegaan, toe ek in matriek kom, en agter kom my vakke is nie reggekies vir regte, het ek in Std 10 van skool verander om die regte vakke ook te kies.

Na skool weermag toe, en na my 2 jaar, begin werk in die bankwese en toe ek my oge uitvee is ek steeds in die finansieele rigting. Ek geniet my werk, en is bevoorreg dat ek nooit so kantoorverbonde was dat ek net op kantoor moes bly. Die oorgrote gedeelte was maar altyd in die landbou sektor, waar mens so bietjie meer vryheid het as my mede kollegas in die stedelike gebiede.

As ek so om my luister en hoor dat die en daardie een B.Com gaan/wil studeer, dan wonder ek of die persoon regtig weet wat wag op haar/hom om dae in en uit in ‘n kantoor vasgevang te wees. (asb ek het niks teen iemand wat ‘n Rekenmeester of Finansiele Bestuurder is, inteendeel dis my beroep ook) Ek het ook baie keer vir Marilee genoem, ek wonder of ek nie van beroep moet verander, net om meer ‘buite’ te kan leef.

Jammer die ‘ouderdom’ is teen my, anders so ek dit steeds sterk oorweeg het om veearts te word.


Green Card??

July 9, 2008

Ek lees so oor die naweek op die internet, Rapport, Sondag en Sunday Times en iewers - kan nie onthou waar - lees ek jy kan aansoek doen vir jou Green Card in USA. In my agterkop het ek maar nog altyd die ding om my goed te neem en te waai na NZ of Aussieland. Maar dink so by myself, laat ek maar probeer vir die Green Card, wie weet. :wink:

Dinsdagoggend hier skakel iemand my uit New York en noem dat hulle my aansoek ontvang het, maar wil dit meer volledig invul. O ja dan is daar ook so ‘n soort bedraggie betaalbaar (R5000 plus/minus) ens ens. Ek noem dat ek eers met my vrou dit wil bespreek en nie blindens instap in ‘n ding, en hulle moet my skakel vandag.

Vanoggend ontvang ek weer ‘n oproep, of ek met my vrou gepraat het, ek noem dat ek nie regtig in detail ingegaan het nie, maar onse kop is eintlik NZ toe. Jaaaaa vertel die vrou en roep ook later haar afdelings hoof om met my te praat oor al die geleenthede in USA, maar dan waarborg hulle die Green Card ens ens. Hoe meer ek noem maar ek kan nie sommer telefonies daaroor besluit nie, hoe meer hoor ek dis ‘n geleentheid 1000, wat ek ook weet. Maar ek moet eenvoudig met die vrou hieroor praat.

Later wil hulle my kaart nommer he, ek se nee, want watter dokumente het ek om te skaaf? Ek kan nie sommer R5000 betaal vir laggies en grappies nie! Later het hulle my vrou op die anderlyn en hoor of sy nie die kaart nommer wil gee!! (my donner!!)

Nou kom die vraag op, het een van julle al met die mense tedoen gekry en is dit waar? Kan dit wees dat iemand jou waarborg dat jy ‘n GreenCard sal ontvang?


Kan iemand ‘n golfkarretjie bestuur?

July 8, 2008

Ek sit gisteraand en lees die Beeld deur, en kom op die berig af waar die ANC Vrouliga een of ander vergadering in Bloemfontein gehad het. Na ek dit gelees het, begin ek net my kop in ongeloof te skud en te lag.

My seun vra nou op watter grappie ek weer afgekom het, nee se ek vir hom, lees die stukkie en vertel pa wat jy daarvan dink. Toe hy klaar is, noem hy ewe ” … jis hulle maak hulle naam gat!‘ Ja dis inderwaarheid ook so.

Wat dit kortliks behels, die lot vroue het in Bloemfontein loop konferensie hou en nuwe bestuurslede te kies. Eerste word 40 van hulle in die hospitaal op geneem weens voedselvergiftiging. Die persone wat die spyseniering gedoen word, word op die plek gefire en daar word daagliks vanaf KFC en Naddo’s hoender bestel. Ken jy deurmekaar spul?

Die spulletjie woon op die kampus, en om daardie groot lywe van punt A tot B te kry, en betyds, word hulle aangery per golfkarretjies (van alle dinge) en die bestuurders van die karretjies het nie ‘opleiding’ gekry en veroorsaak ongelukke en keer die karretjies om! Daar is tot iemand omgery ook. :lol:

Hemel dink ek by myself, die spul maak weereens onse naam gat in die oge van die wereld! Dis absoluut lagwekkend en die egste die mense wat die karretjies bestuur het, is vinnige terug op hul ‘werkloosheid status’  as wat hulle daar uit gekom het. :lol: