Koebaai 2008

Desember 19, 2008

Agter os kom ook in die kraal soos Jaco sal se!

My verlof begin ook vandag amptelik en as dit Sy wil is, begin ek weer 5 Jan-09.  Ek sal darem so af en toe loer wat aan gaan op die blog-wereld, dat ek nie heel te maal mis.  😆

My wens aan elkeen wat ek hier leer ken het, wat letterlik voel soos ou vriende, wens ek julle ‘n fantastiese feesseisoen toe. Geniet elke oomblik saam julle geliefdes en as daar gereis word, wees versigtig, bestuur vir die ander ou en kom veilig terug.

Baie dankie vir die afgelope jaar se raad, daad en agggg sommer net al my ou lawwe grappies en laggies wat ek so met julle kon deel, asook al die geselsies.

Tot wedersiens.


Waar koop jy ‘n Cockatoo

Desember 5, 2008

Kollega wat saam my werk, vra my nou die dag waar hy ‘n Molucco Cockatoo kan koop vir sy vrou.

Nou wonder Eben, is hier van julle wat kan help? Anders moet ek dood eenvoudig Boendoe vra om een saam te bring van Angola. Dis sal my laaste opsie wees  😆


Hoe het jy geleer bid?

Desember 1, 2008

Ma het my geleer hoe om te bid.  Elke aand, nadat sy my in die bed gesit het,  het sy gesê: “Dankie Here hy is in die bed.”

En “Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom.”

Sy het my geleer van “time travel”. “Ek sal jou tot in volgende week in klap!”

Sy het my geleer pa’s is slimmer en ryker as ma’s.  “Gaan vra jou pa!”

Sy het my geleer oor fotosintese.  “Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?”

Sy het my geleer om altyd nederig en Klein te wees.  “Mannetjie!!!”

Sy het my van die weer geleer.  “Dit lyk of ‘n dekselse orkaan jou kamer getref  het!”

Sy het my geleer van fauna en flora.  “Moenie vir my vertel pêrredrolle is vye nie!”

Sy het my geleer om myself te ontdek.  “Hou op om jou soos jou pa te gedra!”

Sy het my die wetenskap van osmose geleer.  “Hou jou mond en eet jou kos!”

Sy het my geleer van uithouvermoë.  “Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeëet het!”

Sy het my geleer van sintuie.  “Kinners word gesien en nie gehoor nie!”

Sy het my geleer van humor.  “Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil ook!”

Sy het my van jaloesie geleer.  “Daar is duisende arm kinnertjies wat ouers soos joune begeer!”

Sy het geleer dat daar ‘n plek en ‘n tyd vir alles is.  “As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek’t nou net hier skoongemaak!”

Sy het my wiskunde geleer.  “Sit jy alweer en tanne tel!”

Sy het my logika geleer.  “Want ek sê so, dis hoekom!”

Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur.  “Ek sal jou klap dat jy jou antie vir ‘n eendvoël aansien as jy my weer terugantwoord!”