Hiers myne ook !!!

July 23, 2008

Ek sit so en dink, waaroor kan en wil ek skrywe. :wink:

Toe dink ek so, as Dellie oor haar ‘Langlaagte hondjies’ kan skrywe en wys, kan ek seker myne vir julle wys. Laat ek dink, hoekom wys ons nie sommer vir mekaar hoe lyk onse dierekinders by die huis!!


Wat weet julle van die??

July 18, 2008

Ek ontvang die e-pos en toe wonder ek …. wat weet julle van dit??

MEGA STAATSLOTERIJ PROMOTIONS.
 
In line with the weekly sweepstakes of the above named organization held on the 14th of July, 2008.It is our pleasure to inform you that your e-mail address attached to the above Ref No.Netherland/9420X2/70,Batch No.074/05/ZY345, Serial No:5368/06,and Award No.02,03,13,16,18,20,23. Ticket Nos:56475612545 came up in the first category has won the prize Sum of: €2,000,000.00(Two Million Euro) Do contact the details below:
 
Contact Person: Mr. Robert Hans
Email: mgclaimdepartment@yahoo.de
Phone: +316-151-714-49
Fax: +318-473-899-84
 
You are advised to provide him with the following information:
 
Your Names:
Phone number:
Fax number:
Nationality:
Occupation:
Email Address:
 
Yours Sincerely,
Vjertis Von Adrian (Ms.) CPA.

 __________________________________________________________________________________________________________________

 

Attn: Eben Pretorius,
 
Your application for claim of lottery winning prize is under process and full settlement will be made upon certification of your details.
 
Be informed that we are in possession of your prize-winner certificate which will be sent to the financial institution to effect your payment when you have completed the form below and return it to us with 24hrs of this mail.
 
Hence, carefully fill in the appropriate information in the spaces provided below to facilitate our immediate processing of your prize claim.. Your funds have since been deposited with a Financial Company in The Netherlands for settlement of your winning. Once we receive the requested information below, your claims file will be sent to the financial Company for settlement.
 
THE BENEFICIARY OF THE FUNDS SHOULD COMPLETE THE ATTACHED FORM.
 
NOTE: You are advised to send back your completed form to  our Attorney immediately for the processing of your winnings due to time frame.We do not have enough time due to the deadline date so you have to act swiftly to enable you meet with this date.See below the details of our legal advice who we be assisting you in getting all the neccesary documatation to back up your winning claim and you can as well send back the claim verification form through the mega prime lottery account also or through fax and you must indicate your email address also with the claim form been send through fax.
 
ADVOCATEAN LARRY BROWN
234 Afrikanaplein
Amsterdam Oost
Tel:  +316-272-351-41
Fax: +318-473-899-84
E-mail:
barr.larrybrownchambers@yahoo.de
 
Accept our congratulations and awaiting your prompt response.
Yours Faithfully,
 
Vjertis Von Adrian (Ms.) CPA.
Coordinator: Mega Promo.
E-mail:
megapromo@winning.com
Games/Lottery Coordinator.
Mega International Promotion.

 

 

LEGAL ADVICE  CLAIMS LAWYER DEPARTMENT
 
Reference: MLINL101095/678/3951RLA
Barrister Larry Brown. (Claims lawyer Officer)
Claims Department,
 
Attn: Eben Pretorius,
 
                                              NOTARISATION FEE     
 
We acknowledge the receipt of your email, we are hereby pleased to inform you that after normal verification and scrutiny exercise with the LOTTERY COMPANY, you are found qualified to receive payment of the above stated lottery prize..
 
 
Therefore you are hereby informed of the mandatory none-resident fee of 650 euros, this fee stand for the notarization and the acquisition of the certificate of award needed to effect the swift transfer of your winnings, your notarized forms will be documented with a stamped file by the international court of justice (ICJ) in the Netherlands by our legal department.
 
Which gives you the legal backing for the bank to make transfer, so you are expected to pay the notarization and documented file Fee of (650), Six Hundred and fifty euros, only: that must be obtained from the international court of justice (ICJ) in the Netherlands by our legal department.
 
Due to lack of time this fees will be made available via  Money Gram  from any location near you in your country you can make the payment through our accredited receiving officer stated below: And as soon as you want to send the fees do give us a call to give you more guide line on how to send the fees via the procedure we have give you.
  
Name:Mr Solomon Monye 
Address:54 waterloplein Amsterdam Netherland
  
Kindly send the receipt of payment via fax; as to enable us conclude the processing of prize and obtain the approval which facilitates the immediate remittance of your lottery prize (fund) into your nominated bank account.
 
Due to the limited time on your winning price as indicated on the winning notification you received, I would advice you follow up with this instruction as soon as possible so your winning process with The Netherlands Board of Lottery Commission, to enable the transfer on the mode of payment you have indicate on the payment scheme form which you have filled
 
Furthermore, we advised you keep your winning information confidential until your claims has been processed and your money remitted to your nominated bank. This is part of our legal protocol to avoid double claims and unwarranted abuse of this programmed by some participants.
 
We await your prompt response and acknowledgement.
Congratulations in advance.
 
ADVOCATEAN:  Larry Brown
Larrys Associates
Fax: +318-473-899-84


Tanne kners?

July 14, 2008

Dit is Saterdag en op die Kaapse Parade is die tafels propvol en dit koop en verkoop vir die vale.

Van iewers af dreun ‘n prediker se waarskuwende stem oor die omstanders se koppe:

“Djulle moet djulle bekier! Djulle moet djulle se verkeerdigheide lat staan! En as djulle nie wil lyster nie, sal djulle hel toe gan! En die hel, sê ek vir djulle, is ‘n vrieslike plek. Die Woord sê daar sal ‘n geween wees en ‘n gekners van tanne!”

Iemand lag en die prediker kyk stip in sy rigting.

“En djy met die hasbek dar annerkant - die manne wat nie tanne hetie, vir djulle sal tanne ge-supplaai word! Maar kners sal djulle kners!”


Trots?

July 12, 2008

In die aande as die vrou gaan skuins le, dan sit ek en Steyn en ons gesels ons geselsies. Nou so aand of wat terug sit ons ek kyk TV na die Craven Week Rugby en kyk toevallig na die Limpopo-Blou Bulle se wedstryd en hy hak af:

…… Dad, weet ek is trots om te se ek is ‘n Vossie (Hoerskool Ben Voster), ek is trots om te se ek bly op die plaas en ek is trots om te se ek is Steyn Pretorius, maar Dad ek is nie trots om te se ek is van Suid Afrika!”

My liewe aarde … waar val jy uit seun, wonder ek. Maar kom ons gesels daaroor. Dit kom neer absoluut op al die korrupsie, misdaad ens wat hom op sy jeudige ouderdom pla.

Nou wonder ek, is ek trots op my land??


Wat ek wou en wat ek is!!

July 11, 2008

Okay, huiswerk vanaf Dellie!!

Van dat ek my verstand het, wou ek ‘n veearts word. Ek het in Brits groot geword en daardie jare was daar Dr Ronnie de la Rey die plaaslike veearts. Daardie dae kan ek onthou dat die veeartse en dr’s na jou huis toe gekom vir besoeke ens. Ons was ook huis vriende met oom Ronnie en as klein seuntjie het ek altyd hom bewonder hoe hy met diere werk.

Daar het ek besluit ek wil ook soos oom Ronnie wees. Ek wil diere gesond maak en reg dokter. Toe ek egter op hoerskool kom, draai my kop hier in std 9 se kant na Regte toe. Gedink ek sal die donners ‘n les leer as hulle verkeerd opgetree het. Dit het sover gegaan, toe ek in matriek kom, en agter kom my vakke is nie reggekies vir regte, het ek in Std 10 van skool verander om die regte vakke ook te kies.

Na skool weermag toe, en na my 2 jaar, begin werk in die bankwese en toe ek my oge uitvee is ek steeds in die finansieele rigting. Ek geniet my werk, en is bevoorreg dat ek nooit so kantoorverbonde was dat ek net op kantoor moes bly. Die oorgrote gedeelte was maar altyd in die landbou sektor, waar mens so bietjie meer vryheid het as my mede kollegas in die stedelike gebiede.

As ek so om my luister en hoor dat die en daardie een B.Com gaan/wil studeer, dan wonder ek of die persoon regtig weet wat wag op haar/hom om dae in en uit in ‘n kantoor vasgevang te wees. (asb ek het niks teen iemand wat ‘n Rekenmeester of Finansiele Bestuurder is, inteendeel dis my beroep ook) Ek het ook baie keer vir Marilee genoem, ek wonder of ek nie van beroep moet verander, net om meer ‘buite’ te kan leef.

Jammer die ‘ouderdom’ is teen my, anders so ek dit steeds sterk oorweeg het om veearts te word.


Green Card??

July 9, 2008

Ek lees so oor die naweek op die internet, Rapport, Sondag en Sunday Times en iewers - kan nie onthou waar - lees ek jy kan aansoek doen vir jou Green Card in USA. In my agterkop het ek maar nog altyd die ding om my goed te neem en te waai na NZ of Aussieland. Maar dink so by myself, laat ek maar probeer vir die Green Card, wie weet. :wink:

Dinsdagoggend hier skakel iemand my uit New York en noem dat hulle my aansoek ontvang het, maar wil dit meer volledig invul. O ja dan is daar ook so ‘n soort bedraggie betaalbaar (R5000 plus/minus) ens ens. Ek noem dat ek eers met my vrou dit wil bespreek en nie blindens instap in ‘n ding, en hulle moet my skakel vandag.

Vanoggend ontvang ek weer ‘n oproep, of ek met my vrou gepraat het, ek noem dat ek nie regtig in detail ingegaan het nie, maar onse kop is eintlik NZ toe. Jaaaaa vertel die vrou en roep ook later haar afdelings hoof om met my te praat oor al die geleenthede in USA, maar dan waarborg hulle die Green Card ens ens. Hoe meer ek noem maar ek kan nie sommer telefonies daaroor besluit nie, hoe meer hoor ek dis ‘n geleentheid 1000, wat ek ook weet. Maar ek moet eenvoudig met die vrou hieroor praat.

Later wil hulle my kaart nommer he, ek se nee, want watter dokumente het ek om te skaaf? Ek kan nie sommer R5000 betaal vir laggies en grappies nie! Later het hulle my vrou op die anderlyn en hoor of sy nie die kaart nommer wil gee!! (my donner!!)

Nou kom die vraag op, het een van julle al met die mense tedoen gekry en is dit waar? Kan dit wees dat iemand jou waarborg dat jy ‘n GreenCard sal ontvang?


Kan iemand ‘n golfkarretjie bestuur?

July 8, 2008

Ek sit gisteraand en lees die Beeld deur, en kom op die berig af waar die ANC Vrouliga een of ander vergadering in Bloemfontein gehad het. Na ek dit gelees het, begin ek net my kop in ongeloof te skud en te lag.

My seun vra nou op watter grappie ek weer afgekom het, nee se ek vir hom, lees die stukkie en vertel pa wat jy daarvan dink. Toe hy klaar is, noem hy ewe ” … jis hulle maak hulle naam gat!‘ Ja dis inderwaarheid ook so.

Wat dit kortliks behels, die lot vroue het in Bloemfontein loop konferensie hou en nuwe bestuurslede te kies. Eerste word 40 van hulle in die hospitaal op geneem weens voedselvergiftiging. Die persone wat die spyseniering gedoen word, word op die plek gefire en daar word daagliks vanaf KFC en Naddo’s hoender bestel. Ken jy deurmekaar spul?

Die spulletjie woon op die kampus, en om daardie groot lywe van punt A tot B te kry, en betyds, word hulle aangery per golfkarretjies (van alle dinge) en die bestuurders van die karretjies het nie ‘opleiding’ gekry en veroorsaak ongelukke en keer die karretjies om! Daar is tot iemand omgery ook. :lol:

Hemel dink ek by myself, die spul maak weereens onse naam gat in die oge van die wereld! Dis absoluut lagwekkend en die egste die mense wat die karretjies bestuur het, is vinnige terug op hul ‘werkloosheid status’  as wat hulle daar uit gekom het. :lol:


Geluk Dellie !!

July 4, 2008

Vandag 04 Julie is onse vriendin Dellie se verjaarsdag.

Baie geluk Dellie mag daar mooi en vreugdevolle jare vir jou gespaar bly.


Verrassing op ‘n 21st?

July 2, 2008

Almal wat my regtig ken, sal weet dat ek seker eerste in die ry gestaan het met die uitdeel van ’sin vir humor’. Sal sommer vir iets simpel lag tot ergenis van mense om my. Ek kan vinnig in enige gebeurtenis ‘n grappie insien, natuurlik tot ergernis van die vrou, wat ook in die meeste gevalle reg ook is.

Die saak staan so:

Toe ek Donderdagoggend in Nelspruit aankom, het ons so paar dinge gedoen en afgesit InniBos se fees terrein toe. Gie gie kon nie wag om my draaie te kry Castle Tent toe vir iets lekker koel oor die  kleintongetjie. Nou my nefie (suster se seun) woon in Nelspruit en ek skakel hom en se hy moet gou saam my ‘n whisky kom drink. Eers skop hy vas en noem dat sy ander nefie toevallig 21jr word en hy wil dit loop bywoon. Ek oorreed hom en hy kom toe oor en ons kuier seker nie meer as 30min saam.  Dit was ‘n kwessie van tyd toe gaan hy.

Vrydagaand loop ek hom weer daar raak en vra hoe was die party toe, en hy laat my eers sit en toe vertelle hy:

Daar aangekom by die betrokke plek, en al die vriende is daar, spreek die verjaarsdag maatjie sy wens vir die aand uit. Daar is 3 wense wat hy graag wil he hulle moet saam hom moet doen

  1. Vir hom sing.
  2. ‘n Groep foto te neem van almal saam hom.
  3. En saam hom ‘n lekker stukkie vla-koek te eet.

Okay die ander doen so daar word gesing, foto’s geneem en elkeen kry ‘n lekker stukkie koek om te eet. Na so rukkie se R (my nefie) vir sy vriendin hy voel nie wel nie en kan nie glo dat 2 whisky hom letterlik uit op sy voete het. En soos hy om hom kyk, is almal die ‘lekker’ nie. Wat toegebeur het die verjaarsdag nefie W het sonder dat iemand kennis dra Aapkak (dagga) fyn gemaal en in die koek gesit. Toe almal dit eet, toe is almal op ‘n stasie behalwe W. :) :wink:

Okayyyyyyyy vrou se sy draai sy nek om as dit met onse kind gebeur en ek stem saam, maar ek sien weer die humor in die :) verhaaltjie!!!


Dit was toe ‘n Fees!

June 30, 2008

Wow (!!!) wat kan mens se van die InniBos fees te Nelspruit. Waar begin mens? Kom ek vat dit so saam (in my onkunde) die kos en drank was baie duur. Die ingangsfooie per dag het gewissel vanaf R50 Donderdag, R60 Vrydag en R100 op Saterdag. Sondag se gedeelte was gratis. Vir die geld kry jy gratis vertonings op die verskillende verhoee. Daar is ook ‘n tyd rooster uitgedeel wanneer tree wie en waar op. (Wat op tyd was) So as jy moeite doen sien jy van die kunstenaars optree.

Kos en drank was duur. Goed kom ons kyk hoe dit duur regtig was:

  • Dubbel brandy (Wellington) en Coke R23
  • Kerrie en Rys R30
  • Afval (opskep grote in ‘n bakkie vir hotdogs) R46

Maar weereens ek het niemand gesien rondloop met ‘n geweer en dwing jou op te loop kos koop.

Kom ons kyk bietjie wat het daar gebeur:

Die fees terrein vanwaar ons inbeweeg het

  

Bietjie rondgeloop die en volgende gesien optree:

Hierdie manne van Ossewa-ville is nie lekker in die kop :) !!! Ek het my natuurlik dood gelag vir hulle. Doen moeite as hulle in jou omgewing kom.

) 

Broers bly maar ook in ‘n klas van hulleself:

 

Theuns ….. wel ek hou van hom. Al die kere wat mens hom genader het, was hy daar:

 

Dis Saterdag en die manne is ook daar:   

Toe die son sak toe begin dinge gebeur

BoneyM   

Maar dis ook ongelukkig so dat onse nasie baie vinnig vinger wys na onse boeties en sussies oor netheid, en die ergste as daar 10 nie-blankes was, was dit baie :

 

Die vraag wat iemand my vra Maandag op kantoor of ek weer sal gaan ….. VERSEKER !!!