Tydelik Koebaai

April 20, 2009

Ek gaan so bietjie groet op die Blog wereld. Met al die vakansie dae en gestemmery weet mens ook nie meer watter dag om op te daag al dan nie vir werk.

Ek verhuis Vrydag Brits toe en keer Dinsdag tot Donderdag terug na Tzaneen waar ek my kennis maand sal voltooi.

Laat dit goed gaan en ons gesels spoedig weer. As daar iets dringend is, welkom om my per epos te kontak eben_pretorius@yahoo.com


Is die Afrikaner pateties?

April 15, 2009

Ek kry vanoggend die e-pos van ‘n goeie ou maat van my – Dankie Flip

“Hoekom het jy gesteel?”
“Ek was honger!”

So lui ‘n stokou grappie waaroor middeljariges van vandag destyds in hulle kindertyd gelag het – min vermoedend dat hierdie situasie nog in hulle leeftyd ‘n werklikheid sou word. Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was. Laat ons dus maar vandag oor ‘n paar sake reguit praat:

‘n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel omdat jy skelm is. Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.

Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer – uitgehonger, hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie. Hulle het hard geleer, hulle eie CNO -skole gestig en uiteindelik Bo uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.

‘n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie – ‘n mens moor omdat jy ‘n barbaar is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.

Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte gehad het nie en moes hulle gesinne met minder as ‘n hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie.

‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene omdat iemand Anders nie genoeg vir jou doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.

En elke ding wat ons het, het ons verwerf – apartheid het nooit plase en poste en posisies aan die Afrikaner uitgedeel nie.

As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk ‘n goeie gedagte om op te hou soek wie Anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in.

En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.

Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede in indingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself ‘n toekoms Los te spook.

Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie…


Koos en die Dr van Welkom

Maart 23, 2009

Koos werk by ‘n Dokter in Welkom. 


Die Dr. sou die dag uitstedig wees en vra toe vir Koos om ‘n ogie te hou oor die pasiënte.
Die volgende dag kom die Dr terug en vra vir Koos hoe dit toe gegaan het met die pasiënte. 
 


Koos sê daar was drie pasiënte wat hy gehelp het en die Dr vra toe hoe hy hulle gehelp het en hy sê : 
 

Die eerste pasiënt het ingekom met ‘n lelike hoes en toe gee hy vir hom Benelyn vir die hoes. 
 

Die tweede pasiënt het ingekom met ‘n vreeslike allergie en toe gee ek vir hom Allergex. 
 

Die Dr was baie beïndruk en vra wat van die derde een.


‘Nee’, sê Koos daar het ‘n dame
ingekom, haar kaal uitgetrek en op die ondersoek tafel gaan lê en vir hom
gesê : ‘Ek het vier jaar laas ‘n man gesien .


”O Hel’ sê die Dr ……’En wat
doen jy toe, Koos? ”Nee’, sê Koos ‘Toe gooi ek vir haar Eyegene in haar oë’!!!


Wat word hoe gestimuleer?

Maart 3, 2009

Die Graad 6 juffrou in ‘n Welkomse skool,  vra vir die klas, “Watter deel van die mens se liggaam vergroot na tien keer sy normale grootte wanneer dit gestimuleer word?”

Niemand antwoord totdat Marie opstaan en sê, “Juffrou mag nie sulke vrae vir graad sesse vra nie. Ek gaan my ouers vertel en hulle sal die hoof vertel en hy sal jou wegjaag.”

Die juffrou ignoreer haar en vra weer die vraag.

Marie sê vir die kinders om haar, “Sy gaan in groot moeiliheid wees.”

Die juffrou ignoreer haar nog steeds en vra, “Wil niemand antwoord nie?”

Jannie staan huiwerig op en sê, “Dit is die pupil van die oog.”

“Baie mooi Jannie,” sê sy terwyl sy na Marie draai en voortgaan, “en vir jou jonge dame het ek drie goed te sê. Eerstens het jy vuil gedagtes, tweedens het jy nie jou huiswerk gedoen nie, en derdens gaan jy eendag baie, baie teleurgesteld wees.”


Wie word regtig gespyker?

Maart 2, 2009

Wat is die verskil tussen Carl Niehaus en Joost? Die een lieg oor hy gespyker het en die ander word gespyker omdat hy gelieg het. 😆


Hoe braai jy jou worsie?

Februarie 25, 2009

Nou ek kry die e-pos van my vriend Barry en wonder so by myself, hoe braai jy jou wors oor die kole? Toeknyp-rooster, sommer oor die rooster en draai om met ‘n braai tang offfff soos ondergenoemde?

braai


Wat eet ons?

Februarie 24, 2009

Ek bel Saterdagoggend vir Boendoe en toe vir Dellie om te verneem wat maak hulle vir ete, na die Bulle so mooi gewen het. Dis nou behalwe die normale braai!!

Beide weet toe nie, en Amelia stuur toevallig die vir my per e-pos: Gaan bietjie na hierdie website toe – veral vir ons wat nie weet wat om te maak vir ete nie. 
Jy tick al die goedjies wat jy in die huis het af op die lys, dan spoeg die pc vir jou ‘n paar idees uit met die resepte aan.

     http://cookingbynumbers.com/search.html

Laat weet gerus as julle iets lekker getest het! 😆


Een eeu gelede?

Februarie 23, 2009

The average life expectancy was 47 years.

Only 14 percent of the homes had a bathtub.

Only 8 percent of the homes had a telephone.

There were only 8,000 cars and only 144 miles of paved roads.

The maximum speed limit in most cities was 10 mph.

The tallest structure in the world was the  Eiffel  Tower!

The average wage in 1908 was 22 cents per hour.

The average worker made between $200 and $400 per year .

A competent accountant could expect to earn $2000 per year, 
A dentist $2,500 per year, a veterinarian between $1,500 and $4,000 per year, and a mechanical engineer about $5,000 per year.

More than 95 percent of all births took place at HOME .

Ninety percent of all doctors had NO COLLEGE EDUCATION!

Instead, they attended so-called medical schools, many of which were condemned in the press AND the government as ‘substandard. ‘

Sugar cost four cents a pound.

Eggs were fourteen cents a dozen.

Coffee was fifteen cents a pound.

Most women only washed their hair once a month, and used Borax or egg yolks for shampoo.

Canada passed a law that prohibited poor people from entering into their country for any reason.


Five leading causes of death were:

1. Pneumonia and influenza 
2. Tuberculosis 
3. Diarrhea 
4. Heart disease 
5. Stroke


The American flag had 45 stars.

The population of  Las Vegas , Nevada, was only 30!!!!

Crossword puzzles, canned beer, and ice tea hadn’t been invented yet.

There was no Mother’s Day or Father’s Day.

Two out of every 10 adults couldn’t read or write.

Only 6 percent of all Americans had graduated from high school.

Marijuana, heroin, and morphine were all available over the counter at the local corner drugstores. Back then pharmacists said, ‘Heroin clears the complexion, gives buoyancy to the mind,regulates the stomach and bowels, and is, in fact, a perfect guardian of health.’ 

Eighteen percent of households had at least One full-time servant or domestic help.

There were about 230 reported murders in the ENTIRE !  U.S.A. !


O jaaa wat het jy vir Valentine gekry?

Februarie 19, 2009

Die ou groot maat van my is absoluut te slim vir woorde. Om homself en vir jou te beskerm weerhou ek sy naam ( 😆 ). Hy wil ‘n bra koop vir mooi jong vrou’tjie vir Valentine maar weet nie wat se grote om te koop nie. 

 

Die verkoopsdame se “Vat aan my borste, dalk is dit dieselfde grote.”

 

Oumaat antwoord dadelik, “O ja en sy kort nuwe panties ook.”

 

Ai ai ai … ek het darem slim maatjies! :mrgreen:


Wie wil waar pie-pie

Februarie 18, 2009

Oom vra apteker vir ‘n kwart sterkte Viagra.
Apteker: ‘n Kwart sal oom nooit ‘n ereksie gee nie!
Oom: Ek’s nie gepla oor ‘n ereksie nie.  Ek wil net nie meer op my skoene pie-pie nie!