As jy nie kan help, bid asb vir die gesin

Ek lees met skok vanoggend (21 Jan 09) die berig van my boesem vriend op skool. Ons het kontak verloor met die jare saam, en al wat ek vra, kom ons bid net vir die mense, en sommer vir almal wat probleme sou he

Sterkte ou Chris ….

Juweel’ van ’n seun kort skenking

Die een oomblik was sy “juweel” van ’n seun die rugbyspeler van die jaar.

Nou lê die 14-jarige Xander de Beer hulpeloos en wag op ’n beenmurgskenking in die Constantiaberg Medi-Clinic in Plumstead in die Wes-Kaap, sê sy pa, die oud-Springbok spiesgooier Chris de Beer.

De Beer (49), wat deesdae in Pretoria woon, en sy gesin is geldelik en emosioneel op hul knieë gedwing.

Xander was oënskynlik blakend gesond toe hy vroeg verlede jaar ná ’n rugbywedstryd longontsteking gekry het. Hy was in die Outeniqua Hoërskool op George.

“Daar was vog op sy longe en hy is waakeenheid toe waar dit gedreineer is,” het De Beer gister vertel.

Dié siekte het Xander se immuunstelsel so ’n knou gegee dat dit kankerselle in sy liggaam ’n houvas gegee het en klierkanker is kort daarna by hom gediagnoseer.

’n Beenmurgoorplanting is nou al wat hom kan red.

“Ek het my plaas en eiendomme verkoop en reeds R1,7 miljoen uit my eie sak betaal. Nou het ek nie meer planne nie. Ons het niks meer om te verkoop nie en dit gaan nie goed met ons nie,” sê De Beer.

Hulle het Xander byna verlede week verloor.

“Sy witbloedseltelling het so gedaal dat hy ’n virus opgedoen het wat sy lewer aangetas het. Sy longe het plat geval en sy niere het begin om in te gee.

“Sy beenmurg het nou opgehou om te produseer, so die oorplanting moet so gou moontlik gebeur, sodra hy effens beter is.”

Daar is moontlik ’n gepaste skenker in Duitsland, ’n land wat ’n baie groot beenmurgdatabasis het.

Indien verdere toetse, waarvoor De Beer R20 500 dadelik moet opdok, toon die Duitse skenker is geskik, sal die oorplanting tussen R250 000 en R400 000 kos.

Indien ’n plaaslike beenmurgskenker intussen opgespoor word, daal die koste drasties tot sowat R60 000, sê De Beer.

“Ons vra nie meer vrae nie. Daar was in ’n stadium dae wat Xander in ’n gat (van depressie) was en nie ’n woord gepraat het nie.

“Hy het ses tot sewe maande lank elke Vrydag ’n lumbale punksie gekry. Dan het hy so vorentoe gesit en my hand baie hard gedruk met die trane wat oor sy wange loop.

“Hy is ’n juweelkind. Die Bybel sê mos die Liewe Here vat net die juwele, hy kies dié wat engele moet wees.”

Mense kan De Beer kontak (chris@bioanabolics.co.za) indien hulle hul beenmurg wil laat toets om te kyk of dit vir Xander geskik is.

As dit nie is nie, kan hul name op die Suid-Afrikaanse beenmurgregister gelys word en kan dit dalk ’n ander kind se lewe red.

10 Responses to As jy nie kan help, bid asb vir die gesin

  1. boendoe sê:

    Ai, ou Eben. Dis vreeslik. 😦

  2. Dagse Eben
    Dankie dat jy ons daarvan bewus maak.
    Ons sal begin en hulle deel maak van gebeds groepe en ook verneem waar moontlik wie kan help.
    Groete

  3. Bottertjie sê:

    Sjoe, dit moet erg wees vir ‘n ouer. Eben, ek sal ook bid vir hulle. Wat meer kan mens doen? Hopelik is daar erens ‘n barmhartige samaritaan wat kan help. Wonderwerke gebeur nog elke liewe dag.

  4. Suz sê:

    Dit is vreeslik, ek het vanoggend in die beeld gelees. Hulle is defnitief in my gebede.

  5. Dellie sê:

    Ag genade Ebie! 😯 Ek lees nogal vanmore die berig in die koerant, en in my hart voel ek toe so jammer vir hulle.

    Wees verseker dat ek vir hulle bid – dit moet ‘n nagmerrie wees!

  6. meermin sê:

    Hierdie mense is in my gebede!

  7. Tersia sê:

    Ons moet dankbaar wees as ons kinders gesond is! Sterkte vir hulle! Het dit ook gelees met ‘n pyn in my hart!

  8. Meermin sê:

    Lekker naweek!! Onthou om Maandag genoeg kussings saam te vat werk toe, pak dit om jou, voor jy daar by my gaan inloer, ek betaal vir geen gebreekte arms of bene nie!! Gaan Maandag foto’s opsit van toe en nou!! Jy is gewaarsku!!

  9. meermin sê:

    Eben gaan loer nou maar as jy wil, pak net eers om jou stoel!!

  10. Annette Hayward sê:

    Drink sterk onverdunde kersiesap vir 3 weke – gout sal weg wees

Lewer kommentaar