Hallo

Januarie 8, 2009

Soe …. as ek weer ‘n uittrap van Dellie kry, dat dit reeds ‘diep’ in die nuwe jaar is, en geen posting gedoen is, huil ek.  🙂

Ek is net geweldig besig by die werk. Was ook nie regtig weg gewees nie, net ‘n vinnige besluit en het die Kerstyd by my familie in Brits bygewoon. Dit is so dat ons oa in die sap bedryf is, en gedurende Desember kom die omgewing se mangoes in.

Dan staan hier duisende bakkies met mangoes op wat oor die weegbrug gaan en as dit afgelaai is, dan wil die ‘opkomende’ boer dadelik sy kontant he. Nou wat kan mens doen, jy betaal die man. Sien ook in die lig dat die mangoes die jaar nie baie is, weens die omliggende brande verlede jaar asook die hitte golf wat hier verby is.

Met ons gery na Brits, wil ek darem net vir die mense ook bietjie mangoes saam neem, en stop by ‘n boer wat langs die pad staan en verkoop, hy vertel my dat hy so en so swaar kry. Hy het 180 000 mangoe bome en met die brande het hy net 20 000 bome oor, dus verkoop hy maar self net om sy kostes te beperk.

Maar nie te min, ons gesels later en wag …… laat ek gou ‘n mangoe gaan eet!

Mmmmm