Ek was by die Dr

Januarie 29, 2009

Dinsdag praat ek so met my goeie vriendin in Richardsbaai en ek noem dat ek so bietjie olik is.

Natuurlik kry ek eers ‘n uittrap omdat ek nie reeds by die Dr was en beveel my dadelik om ‘n afspraak te maak, met die volgende woorde ” … Ebie, jy beter loop afspraak maak, anders doen ek dit vir jou, duidelik !”  😆

By die Dr doen hy sommer my jaarlikse ondersoek en noem die skuld vir my ‘oorgewig’ is:

  • Drank
  • Niks doen
  • Oor eet

Soe, watter verligting, ek het amper gedink dit was my eie skuld!!