Eet jy hondekos?

Nou die dag gaan koop ek ‘n sak EPOL hondekos by Pick ‘n Pay en terwyl ek so in die ry staan, vra ‘n vrou agter my of ek ‘n hond het.
Sommer aspris, sê ek vir haar: Nee, ek het nie ‘n hond nie – ek begin weer  met die EPOL diëet.
 Ek sien sy kyk my so snaaks aan, maar ek gaan aan: “Eintlik weet ek dat ek  nie weer op die diëet moet gaan nie, want laaskeer het ek in die hospitaal
beland – wakker geword in die intensiewe eenheid met pype wat uit elke gaaitjie in my lyf kom . Maar ek het 22kg verloor voor en dit was die moeite werd.”

Ek vertel haar dat die EPOL diëet eintlik volledig voedsaam is met al die vitamienes en minerale wat mens nodig het… En dis so maklik! Al wat jy doen is om jou broeksakke vol te maak met EPOL nuggets en jy eet een of twee wanneer jy ookal honger voel.

 

Teen hierdie tyd luister al wat ‘n persoon is na my storie – veral die ou wat agter die vrou staan.
Heel geskok vra die vrou my toe of ek in die hospitaal beland het van voedselvergifting.
Ek antwoord toe: “Nee, ek het in die straat my b@ls gesit en lek, toe ‘n kar my raakry!”

8 Responses to Eet jy hondekos?

  1. Dellie sê:

    Nee flippit, Ebie – die mango dieet klink vir my veiliger – en lekkerder! 😳

  2. meermin sê:

    😆 grapgat!!

  3. Bottertjie sê:

    Aai, aai! Eben! Ek het nou my hol geruk!
    Dalk kan jy vir ons ook verduidelik (met fotos en als) hoe om macaroni af te spoel sonder dat alles oorspoel of uitval?? Ek het al probeer om met ‘n lepel te keer, maar helaas! die donnerse lepel werk nie! Ag, ek grap net!

  4. boendoe sê:

    Hiehiehiehie…. 😆

    WOEF-WOEF!

  5. merriemuis sê:

    het jy nie dalk ou karre in die pad af begin jaag nie ….
    lmga … baie vermaaklik!!

  6. RB sê:

    Ja, dit is nou net jy daai!!!!!!

Lewer kommentaar